Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rumoer
rumoer [boodskap #144958] Vr, 05 April 2024 17:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rumoer
Afbreking: ru•moer


Werkwoord: rumoer
Verlede tyd: het gerumoer

Betekenis:
• Om 'n lawaai en opskudding te veroorsaak.

Gebruik:
• Die studente rumoer tot laat in die nag.

Vertaling:
Engels: to rumble, make noise
Nederlands: rumoeren


Selfstandige naamwoord: rumoer
Meervoud: rumoere

Betekenis:
• 'n Toestand van onrus en lawaai.

Gebruik:
• Die bure het die polisie gebel om die rumoer te ondersoek.

Sinoniem:
• beroering
• bohaai
• gebrul
• gedreun
• geraas
• geskreeu
• herrie
• lawaai
• kabaal
• ophef
• oproer
• spektakel
• woeligheid

Hiponiem:
• straatrumoer

Afgelei:
• rumoerig
• rumoermaker

Vertaling:
Engels: commotion, uproar, row
Nederlands: rumoer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pakhuis
Volgende onderwerp: eenverdiepinghuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 21:37:19 MGT 2024