Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pakhuis
pakhuis [boodskap #144957] Vr, 05 April 2024 15:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pakhuis
Afbreking: pak•huis
Samestelling: pak + huis


Selfstandige naamwoord: pakhuis
Meervoud: pakhuise
Verkleinwoord: pakhuisie
Meervoud van verkleining: pakhuisies

Betekenis:
• Groot gebou waarin goedere geberg word.

Gebruik:
• Goedere word vanaf die hawe se pakhuis na die winkels versprei.

Sinoniem:
• bêreplek
• bergplek
• bewaarplek
• depot
• loods
• magasyn
• opslagplek
• pakkamer
• skuur
• stoor
• stoorkamer
• voorraadskuur

Hiponiem:
• datapakhuis
• koelpakhuis
• graanpakhuis
• staatspakhuis
• wolpakhuis
• wynpakhuis

Afgelei:
• pakhuisbaas
• pakhuisman
• pakhuiseienaar

Vertaling:
Engels: warehouse
Nederlands: pakhuis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oordeelsfout
Volgende onderwerp: rumoer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 22:53:51 MGT 2024