Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slapgat
slapgat [boodskap #144865] Ma, 25 Maart 2024 16:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
slapgat
Afbreking: slap•gat
Samestelling: slap + gat


Selfstandige naamwoord: slapgat
Meervoud: slapgatte
Verkleinwoord: slapgatjie
Meervoud van verkleining: slapgatjies

Betekenis:
• Iemand wat papbroekig en nie baie braaf is nie.
• Persoon wat lui of laks is.

Gebruik:
• Die slapgat het weggehardloop toe die eerste skoot klap.
• Daar was weer 'n klomp slapgatte wat nie hulle huiswerk gedoen het nie.

Sinoniem:
• lamsak
• slappeling
• tou-opgooier
• leeglêer
• luiaard
• niksdoener
• sukkelaar

Vertaling:
Engels: spineless person; slacker, quitter
Nederlands: slappeling


Byvoeglike naamwoord: slapgat
Attributief: slapgat

Betekenis:
• Wat pap, lui of laks is.

Gebruik:
• So 'n slapgat benadering sal nie resultate lewer nie.

Sinoniem:
• laks
• lui
• futloos
• lamlendig
• pap

Antoniem:
• braaf

Afgelei:
• slapgatgeit

Vertaling:
Engels: slack, lazy, lax
Nederlands: slap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hardegat
Volgende onderwerp: pakplek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:07:30 MGT 2024