Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Oekraïens
Oekraïens [boodskap #144650] Wo, 14 Februarie 2024 18:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Oekraïens
Afbreking: Oe•kra•ïens
Samestelling: Oekraïne + -s
Uitspraak: /ukrɑˈins/, /ukrɑˈhins/


Byvoeglike naamwoord: Oekraïens
Attributief: Oekraïense

Betekenis:
• Betreffende die land Oekraïne, die land se mense of hulle taal.

Gebruik:
• Die Oekraïense weermag veg verbete teen die Russe.

Verwant
• Oekraïne
• Oekraïner

Vertaling:
Engels: Ukrainian
Nederlands: Oekraïens


Selfstandige naamwoord: Oekraïens
Meervoud:

Betekenis:
• Die Slawiese taal wat in die Oekraïne gepraat word.

Gebruik:
• Ek verstaan ongelukkig nie Oekraïens nie.

Vertaling:
Engels: Ukrainian
Nederlands: Oekraïens

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Oekraïner
Volgende onderwerp: Taiwan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 20:57:46 MGT 2024