Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lugsak
lugsak [boodskap #144453] Ma, 22 Januarie 2024 15:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lugsak
Afbreking: lug•sak
Samestelling: lug + sak


Selfstandige naamwoord: lugsak
Meervoud: lugsakke
Verkleinwoord: lugsakkie
Meervoud van verkleining: lugsakkies

Betekenis:
• 'n Sak wat met lug gevul is.
• (vervoer) Sak wat opblaas om mense tydens 'n ongeluk te beskerm.
• (biologie) 'n Longsak, soos by seker voëls.

Gebruik:
• 'n Doedelsak is 'n blaasinstrument met 'n lugsak.
• Die motor het agt lugsakke wat die insittendes veilig hou.
• Groot dinosourusse het 'n ingewikkelde stelsel van lugsakke gehad, soortgelyk aan dié van moderne voëls.

Sinoniem:
• botsballon
• lugkussing

Vertaling:
Engels: air bag, gas bag
Nederlands: luchtzak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: topsnelheid
Volgende onderwerp: instrumentpaneel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:40:35 MGT 2024