Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » satire
satire [boodskap #144426] Do, 18 Januarie 2024 19:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
satire
Afbreking: sa•ti•re


Selfstandige naamwoord: satire
Meervoud: satires

Betekenis:
• 'n Genre/stylfiguur waarin daar op vermaaklike wyse met mense gespot en die gek geskeer word.

Gebruik:
• Die roman Magersfontein, O Magersfontein! is 'n satire op die Suid-Afrikaanse samelewing.

Sinoniem:
• hekelskrif

Hiponiem:
• hekeldig
• ironie
• klug
• klugspel
• komedie
• parodie
• sarkasme
• skimpdig
• spotdig
• spotprent
• spotvers

Afgelei:
• satiries
• satirikus

Vertaling:
Engels: satire
Nederlands: satire

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: enumerasie
Volgende onderwerp: poewasa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:45:47 MGT 2024