Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitroei
uitroei [boodskap #144094] Do, 14 Desember 2023 18:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitroei
Afbreking: uit•roei
Samestelling: uit + roei


Werkwoord: roei uit, uitroei
Verlede tyd: het uitgeroei

Betekenis:
• Om dood te maak tot niks lewe nie. Totaal en al vernietig.
• Om na buite te roei.

Gebruik:
• Ek gaan hulle tref met die pes en hulle uitroei. [Numeri 14:12]
• Die roeiers het uit die hawe uitgeroei.

Spreekwoord:
• Iemand met wortel en tak uitroei. [Iets heeltemal uitwis.]

Sinoniem:
• afmaai
• doodmaak
• likwideer
• uitdelg
• uitwis
• verdelg
• vernietig

Afgelei:
• uitroeiing
• uitroeimiddel

Vertaling:
Engels: to wipe out, eradicate, exterminate, stamp out, annihilate
Nederlands: uitroeien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: forensies
Volgende onderwerp: uitroeiing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 21:40:51 MGT 2024