Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klankbord
klankbord [boodskap #143992] So, 26 November 2023 07:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Klankbord in 'n saal.
'n Klankbord in 'n saal.
klankbord
Afbreking: klank•bord
Samestelling: klank + bord


Selfstandige naamwoord: klankbord
Meervoud: klankborde
Verkleinwoord: klankbordjie
Meervoud van verkleining: klankbordjies

Betekenis:
• 'n Paneel met kontroles vanwaar klank (en ligte) beheer word.
• 'n Bord wat vibreer of klank weerkaats; galmbord, klankbodem.
• (figuurlik) Luisteraar wat se reaksie getoets word om bepaal of iets by mense aanklank vind.

Gebruik:
• Die klankman beman die klankbord.
• 'n Siter het tot 30 snare wat op 'n plat klankbord gemonteer is.
• Die adviesraad gee terugvoer en dien as 'n klankbord vir nuwe inisiatiewe.

Vertaling:
Engels: mixing console; soundboard
Nederlands: mengtafel, mengpaneel; klankbord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klankspan
Volgende onderwerp: skoolgeleentheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 20:37:45 MGT 2024