Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mandela by Harvard
Mandela by Harvard [boodskap #17798] Di, 22 September 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Harvard, die universiteit net buite Boston wat
ouer is as die Verenigde State self, het in hulle hele
geskiedenis nog net ere-doktorsgrade aan twee mense
toegeken. (Hulle het wel groepe so vereer.) Die twee
vorige persone wat Harvard so ge-eer het, was George
Washington en Winston Churchill. Nou is Nelson
Mandela ook een van daardie klein groepie mense. Ek
neem aan dat in twee- of driehonderd jaar studente aan
Harvard nog sal uitvind wie Nelson Mandela was, die man
wat so hoog vereer is deur hulle alma mater. En dat hulle
ook sal leer wat die skandaal van "apartheid" was.
Mandela is vir baie mense 'n unieke mens, en hulle
is miskien reg. Maar wanneer 'n mens aan die helderheid
om Nelson Mandela kyk, dan onthou 'n mens ook die
donker wat dit moontlik gemaak het vir Mandela om soos
'n lig voor in die wapad te brand. Op 'n sekere manier was
die vaders van apartheid ook die argitekte wat gebou het
aan die uiteindelike daarstelling van Mandela, die legende.
Ek wonder, as sommige van hulle nou uit hulle graftes kan
opstaan en die gevolge van hulle dade sien, of hulle dan nog
so seker sou wees dat die pad wat hulle gekies het, die regte
een was.
My man en ek is uitgenooi om moremiddag na die
Goewerneur-Generaal se tuin te gaan waar Mandela sommige
lede van die Kanadese publiek sal kan ontmoet. Ek weet nie
hoe naby aan hom ek sal kom nie. My man vrees dat ek sal
doen wat ek op die oomblik beplan: om hardop "Vrystaat !:
te skree en te toets of hy weet wat dit beteken in Afrikaans.
Die Hoë Kommisaris vir Suid-Afrika, Billy Modise, kom
van Bloemfontein af. Ek hoop nie hy dink ek skree vir hom
nie.

Gloudina Bouwer
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17816 is 'n antwoord op boodskap #17798] Wo, 23 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
>
>
> Harvard, die universiteit net buite Boston wat
> ouer is as die Verenigde State self, het in hulle hele
> geskiedenis nog net ere-doktorsgrade aan twee mense
> toegeken. (Hulle het wel groepe so vereer.) Die twee
> vorige persone wat Harvard so ge-eer het, was George
> Washington en Winston Churchill. Nou is Nelson
> Mandela ook een van daardie klein groepie mense. Ek
> neem aan dat in twee- of driehonderd jaar studente aan
> Harvard nog sal uitvind wie Nelson Mandela was, die man
> wat so hoog vereer is deur hulle alma mater. En dat hulle
> ook sal leer wat die skandaal van "apartheid" was.

Hmmmm...... Maar miskien sal hulle, soos Andre P Brink, leer dat die
skandaal toe nooit "die ding wat ons 'apartheid' genoem het" was nie.

En dat die skandaal nog steeds met ons is.

En dat dit niks minder van 'n skandaal is omdat die liewe Mandela nou
verantwoordelik is vir die skandaal nie.

Miskien word Mandela ook die eerste persoon wie se eregraad met 'n rooi
gesig deur Harvard teruggeneem moet word, soos verskeie universiteite moes
doen met grade wat hulle aan sy liewe voormalige vroutjie toegeken het.

Onthou, Gloudina. Die geskiedenis oordeel met ander maatstawwe as die
ankerpoppies van CNN.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17817 is 'n antwoord op boodskap #17798] Wo, 23 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
>
>
> Ek wonder, as sommige van hulle nou uit hulle graftes kan
> opstaan en die gevolge van hulle dade sien, of hulle dan nog
> so seker sou wees dat die pad wat hulle gekies het, die regte
> een was.

Hmmm... So 'n stukkie interessante filosofie hieragter, Gloudien. "As ek aan
die einde van my lewe kom, sal my "regte besluite" wat ek op sekere tye
gemaak het nog steeds reg wees?". As ek terugdink aan baie van die dinge wat
ek gedoen het in die verlede, is dit nou so onnosel. Jare na ek dit gedoen
het, het dit nog reg gelyk, maar nou, sê maar 15 jaar later dink ek "is dit
regtig ek wat soos 'n idioot opgetree het?" Dan begin die vrae opduik oor
andere se motivering, en hoe hulle later in hul lewens sou voel oor dinge wat
hulle gedoen het. Dit maak nie die foute reg nie, maar miskien kan mens dan
verstaan. Kom ons dink aan een of twee gevalle. Napoleon het sy laaste jare
op St Helena spandeer. Het hy toe nog gevoel hy het die regte ding gedoen?
Wat die res van die wêreld as boos beskou het - het hy dit self so ervaar?
Iets self meer ekstreem en nader aan ons - wat het Hitler in sy laaste
lewensdae gedink? Was hy spyt oor sy besluite? Was hy spyt oor wat hy aan die
wêreld gedoen het? So-by-so - was hy ooit bewus wat hy aan die wêreld gedoen
het? Was sy uitkyk op die wêreld so verkleur deur sy fanaticisme dat hy vir
geen oomblik kon sien wat aangaan nie? Kom ons kom nog nadr aan die nou. Daar
is mense wie boodskappe op hierdie nuusgroep plaas wat my eenvoudig laat
uitbars van die lag. Aan die een kant wil ek sê iets moes ernstig fout gegaan
het in hul verlede sodat hul sulke verwronge beelde van die werklikheid sien.
Ander tye dink voel ek dat niemand hul ooit op die skouer getik het en gesê
het dat daat ook 'n punt van objektiwiteit is van waar jy kan goed sien -
soort van 'n oogpunt van nêrens. 'n Punt waar jy kan verstaan wat iemand
gemaak het soos hul is - verstaan wat die Hitlers, en die Napoleons, en die
Stalins en die Verwoerds en die Mandelas en die McBrides en die de Kocks´en
die hele boel gevorm en gebeitel en gemaak het wat hul vandag is. Dan kan
mens nie regverdig wat hul gedoen het of saamstem met hul standpunte nie,
maar minstens simpatie hê of opgelig voel deur of watookal - te regte as
gevolg van 'n insig in hoe hul hulself oorgegee het aan die haat van hul
verlede of alternatiewelik hul verlede oorwin het en iets meer geword het as
hul aanvanklike klaarblyklike potensiaal.

> My man en ek is uitgenooi om moremiddag na die
> Goewerneur-Generaal se tuin te gaan waar Mandela sommige
> lede van die Kanadese publiek sal kan ontmoet. Ek weet nie
> hoe naby aan hom ek sal kom nie. My man vrees dat ek sal
> doen wat ek op die oomblik beplan: om hardop "Vrystaat !"
> te skree en te toets of hy weet wat dit beteken in Afrikaans.
> Die Hoë Kommisaris vir Suid-Afrika, Billy Modise, kom
> van Bloemfontein af. Ek hoop nie hy dink ek skree vir hom
> nie.
Nadat jy dit geskreeu het kan jy sommer vra wat aangaan met Vrystaat Rugby...
miskien moet jy so 'n bietjie sagter skreeu

-Gideon-
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17818 is 'n antwoord op boodskap #17798] Wo, 23 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> My man en ek is uitgenooi om moremiddag na die
> Goewerneur-Generaal se tuin te gaan waar Mandela sommige
> lede van die Kanadese publiek sal kan ontmoet. Ek weet nie
> hoe naby aan hom ek sal kom nie. My man vrees dat ek sal
> doen wat ek op die oomblik beplan: om hardop "Vrystaat !"
> te skree en te toets of hy weet wat dit beteken in Afrikaans.
> Die Hoë Kommisaris vir Suid-Afrika, Billy Modise, kom
> van Bloemfontein af. Ek hoop nie hy dink ek skree vir hom
> nie.
>
> Gloudina Bouwer

Ag ja! Die tannies van Pretoria-Oos val ook nog steeds oor hul voete om
uitnodigings te kry na geleenthede waar die beroemdes uitgestal word - en
dit maak vir hulle ook nie veel saak of dit die Hollandse koningin is of
Michael Jackson nie.

En na die tyd is die grootste ondewerp van gesprek so-en-so "... wat, kan jy
jou dit voorstel, 'n oggendborspeld aangehad het vir 'n middagfunksie!"

Maar, as jy so graag naby Mandela wil wees, Gloudina, moet jy mos eintlik in
Pretoria wees. Ek ry tweemaal per dag by sy huis verby.

Ek tel nou die dag die aantal voertuie in sy konvooi - nege. Op die
hoogtepunt van woelinge in die sewentiger-tagtigerjare het ek by die
Diederichse, Vorsters en Bothas nooit meer as drie gesien nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17841 is 'n antwoord op boodskap #17798] Do, 24 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Leendert van Oostrum" wrote:
>
> @igs.net wrote in message ...
>
>> My man en ek is uitgenooi om moremiddag na die
>> Goewerneur-Generaal se tuin te gaan waar Mandela sommige
>> lede van die Kanadese publiek sal kan ontmoet. Ek weet nie
>> hoe naby aan hom ek sal kom nie
>>
>> Gloudina Bouwer
>
> Ag ja! Die tannies van Pretoria-Oos val ook nog steeds oor hul voete om
> uitnodigings te kry na geleenthede waar die beroemdes uitgestal word - en
> dit maak vir hulle ook nie veel saak of dit die Hollandse koningin is of
> Michael Jackson nie.
>
> En na die tyd is die grootste ondewerp van gesprek so-en-so "... wat, kan jy
> jou dit voorstel, 'n oggendborspeld aangehad het vir 'n middagfunksie!"
>
> Maar, as jy so graag naby Mandela wil wees, Gloudina, moet jy mos eintlik in
> Pretoria wees. Ek ry tweemaal per dag by sy huis verby.
>
> Ek tel nou die dag die aantal voertuie in sy konvooi - nege. Op die
> hoogtepunt van woelinge in die sewentiger-tagtigerjare het ek by die
> Diederichse, Vorsters en Bothas nooit meer as drie gesien nie.
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
> Dankie Leendert, jy het dit goed gestel. Ek hoef ook nie te 'name drop'
voor ek glo in my eie bestaan nie.

Billy.
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17842 is 'n antwoord op boodskap #17798] Do, 24 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Sep 1998 23:42:44 +0300, "Leendert van Oostrum" <oos...@geocities.com> wrote:
<<>Miskien word Mandela ook die eerste persoon wie se eregraad met 'n rooi
> gesig deur Harvard teruggeneem moet word, soos verskeie universiteite moes
> doen met grade wat hulle aan sy liewe voormalige vroutjie toegeken het.>>

Hoeveel is jy bereid om te wed?
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17844 is 'n antwoord op boodskap #17798] Do, 24 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
matilda  is tans af-lyn  matilda
Boodskappe: 3
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek stem saam, Gideon - niemand dink ooit hyself is "the bad guys" nie: almal
het altyd 'n uitstekende rede om te doen wat hulle doen en Miesies de Kock
en Miesies Hitler En Miesies Khan sal met betraande oë vir jou vertel "Hy is
'n goeie seun: hy is baie lief vir honde." (Op die spit gebraai, in
patriotiese Genghis se geval.) Slegte maats is dikwels die probleem. Kyk nou
maar na Adolf se spul gabbas - sal jy wil hê jou kind moet rondhang met
daardie Himmler-kêreltjie? My ma sou gesê het "Los hom uit, my kind, sy oë
sit glad te naby aan mekaar".
En verder dink ek Gloudina moet glad nie skree op arme ou Mandela nie,
newwermaaind saggies skree. Hy is oud en hy het dit nie nodig nie, hulle het
genoeg op hom geskree toe hy nog 'n bandiet was. Buitendien gaan hulle haar
man nie weer uitnooi na so 'n grênd geleentheid as sy haar nie kan gedra
nie.
Ek sê maar net.
Matilda
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17845 is 'n antwoord op boodskap #17798] Do, 24 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Sep 1998 13:11:08 GMT, gide...@usa.net wrote:
<<>Nadat jy dit geskreeu het kan jy sommer vra wat aangaan met Vrystaat Rugby...
> miskien moet jy so ´n bietjie sagter skreeu>>

'n Vrot afrigter.
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17870 is 'n antwoord op boodskap #17798] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Wed, 23 Sep 1998 13:11:08 GMT, gide...@usa.net wrote:
>
> Vrystaat Rugby...
>> miskien moet jy so 'n bietjie sagter skreeu>>
>
> n Vrot afrigter.

Maak sin. Nou kan jy my miskien help met die Boland span. Die een week lyk
hulle soos die reserwe Springbokspan, en die volgende week soos die
reserwespan van Paarl Gim.

Miskien is die feit dat die beste afrigter nou die Sprinbokke afrig ook iets
daarmee te doen.

Wie het nou al ooit gesê die lewe is regverdig ;)

-Gideon-
>
>
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17871 is 'n antwoord op boodskap #17798] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 25 Sep 1998 11:27:11 GMT, oos...@geocities.com wrote:

<< Hoeveel is jy bereid om te wed?
>
>Nee wat. Ek wed nie. Veral nie op "miskiene" nie.>>

pik pik pikweeek...

(Of het jy maar net weer propaganda uitgegooi?)
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17872 is 'n antwoord op boodskap #17798] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article <3620bcce...@news.icon.co.za>, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Wed, 23 Sep 1998 23:42:44 +0300, "Leendert van Oostrum"
> <oos...@geocities.com> wrote:
>
> <<>Miskien word Mandela ook die eerste persoon wie se eregraad met 'n rooi
> >gesig deur Harvard teruggeneem moet word, soos verskeie universiteite moes
> >doen met grade wat hulle aan sy liewe voormalige vroutjie toegeken het.>>
>
> Hoeveel is jy bereid om te wed?

Nee wat. Ek wed nie. Veral nie op "miskiene" nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17873 is 'n antwoord op boodskap #17798] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 25 Sep 1998 13:20:14 GMT, gide...@usa.net wrote:
<<aak sin. Nou kan jy my miskien help met die Boland span. Die eenweek lyk
> hulle soos die reserwe Springbokspan, en die volgende week soos die
> reserwespan van Paarl Gim.>>

Peet Kleynhans, wat Vrystaat afrig, het vroeer vanjaar ook die S12
span die Golden Cats afgerig. Hulle was waarskynlik die beste
versameling van talent in die kompetisie, maar het tweede laaste
geeindig.
Hy het absoluut onbevoegde dinge met hulle gedoen.
Soos: Die span wat ietwat verdeel in die begin met Tvl en Vrystaat dit
twee hoof-kampe. Toe kies hy twee kapteins. Een van Tvl en een van
Vrystaat en laat hulle Saterdae om die beurt die speel.

Boland is waarskynlik saam met SWD en die ou Oos-Tvl spanne wat op n
goeie dag omtrent enige top span kan wen, maar nie genoeg top-spelers
het om hulle deurlopend goed te maak nie.
Die vier spanne wat uitstaan as die "eerste liga" lyk in die stadium
na NTvl, WP, Natal en Griekwas.
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17884 is 'n antwoord op boodskap #17798] Sa, 26 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Peet Kleynhans, wat Vrystaat afrig
> Hy het absoluut onbevoegde dinge met hulle gedoen.

Nou onlangs teen Griekwas gebeur die volgende:

Die Vrystaatse slot, Braam Els, raak beseer, en terwyl hy so uit soos 'n
kers op sy rug lê, dui Kleynhans aan dat hy die ander slot, Ryno Opperman
wil vervang. Toe Opperman op die kantlyn staan, besef hulle hulle is nou
sonder albei slotte, en toe probeer hy Opperman terug stuur, maar helaas, te
laat. Die res van die wedstryd speel Vrystaat toe maar sonder slotte.
Absoluut briljant, die Kleynhans.

Gelukkig vir die Cats lyk dit of André Markgraaf hulle volgende jaar gaan
afrig.

> Boland is waarskynlik saam met SWD en die ou Oos-Tvl spanne wat op n
> goeie dag omtrent enige top span kan wen

Ten minste 2, SWD (Heyneke Meyer) en die Valke (Phil Pretorius) spog met
nuwe generasie, briljante afrigters. Ek sien juis van die groter unies lê
agter Meyer se dienste. Die volgende stap vir hulle is Super 12 afrigters,
en dan gaan dit 'n wedloop wees om te sien wie rig die Springbokke af na
Mallet.

> Die vier spanne wat uitstaan as die "eerste liga" lyk in die stadium
> na NTvl, WP, Natal en Griekwas.

Ek sou die volgorde net 'n bietjie anders gemaak het, met WP laaste van die
4! Maar Vrystaat is ook nog in die prentjie, en môre se wedstryd tussen
hulle en WP sal bepalend wees. Minstens is die volgende Springbok kaptein
nou ook kaptein van WP!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17915 is 'n antwoord op boodskap #17798] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

>> Ek sou die volgorde net 'n bietjie anders gemaak het, met WP laaste van die
>> 4!>>
>
> My volgorde was lukraak.
> WP is beslis onder aan die lys van vier.

Op varsity het ek amper 'n mondelingse eksamen gepluk omdat ek 'n mindere
belangrike punt eerste genoem het. (Dit sou ook nie veel gehelp het om vir
die prof te gesê het dat dit die punt was waarvan ek die meeste geweet het,
en gehoop het hy sou my in diepte daaroor vra nie!)

> Ek sit my geld op NTvl om die Curriebeker te wen. Maar dit kan baie,
> baie close wees.

Ja dit gaan wees, en baie gaan afhang waar die semi's gaan plaasvind. NTvl
lyk na 'n seker tuis semi. Die ander een lê tussen Griekwas en Natal, en dit
sal tussen hulle wees, en daar kan enige iets gebeur. As Griekwas deurdring,
speel hulle op Loftus, en hulle sal sukkel daar. Ek is nie seker waar die
finaal is as dit tussen Natal en NTvl is nie, maar Natal weet ons sukkel op
Loftus.

Die 4de span lê na vandag tussen WP, Vrystaat en SWD!!! As my berekening reg
is, het al 3 ewe veel punte, met VS die beste punteverskil.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')

>
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17916 is 'n antwoord op boodskap #17798] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 26 Sep 1998 13:59:44 -0500, "Henri Burger" <hb...@mweb.co.za>wrote:
<<Die vier spanne wat uitstaan as die "eerste liga" lyk in die stadium
>>na NTvl, WP, Natal en Griekwas.
>
>
> Ek sou die volgorde net 'n bietjie anders gemaak het, met WP laaste van die
> 4!>>

My volgorde was lukraak.
WP is beslis onder aan die lys van vier.
Ek sit my geld op NTvl om die Curriebeker te wen. Maar dit kan baie,
baie close wees.
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17940 is 'n antwoord op boodskap #17798] Ma, 28 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"Henri Burger" wrote:
>
> Die 4de span lê na vandag tussen WP, Vrystaat en SWD!!! As my berekening reg
> is, het al 3 ewe veel punte, met VS die beste punteverskil.
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA

Nee. SWD en WP het albei 34 punte met VS 33. SWD is egter bo WP op die
'log' want hulle het 'n beter punteverskil as WP. Net ter interessantheid,
TEORETIES kan selfs die G - Valke nog die 4de plek haal alhoewel dit
onwaarskynlik is. Die komende naweek is baie bepalend. WP speel weg teen
die Bulle wat hulle darem seker nie sal maak nie. WP moet egter vir Natal op
Nuweland nog klop dan kan dinge nog gebeur. Die WP het gister teen VS baie
hard probeer om homself uit die wedloop uit te haal. Interessant van Monty
se vertoning: hy het 12 punte weggeskop maar teen die Bokke skop hy 7 uit 8
oor.. lyk my daai groen trui doen dinge wat die blou-en-wit nie wil doen nie.
;o)

Op die laaste twee weke se spel behoort 'n welverdiende eindstryd tussen
Griekwas en N-Tvl te wees. My hart bly egter maar altyd in die Kaap.

Bryan

--
**************************************************
Personal website: http://www.TheOffice.net/brynie
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17980 is 'n antwoord op boodskap #17798] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Bryan skryf:

> Nee. SWD en WP het albei 34 punte met VS 33. SWD is egter bo WP op die
> 'log' want hulle het 'n beter punteverskil as WP.

Ja, ek het my fout agtergekom - 'n bonuspunt aan VS toegeken vir WEN met 7
of minder punte!

> TEORETIES kan selfs die G - Valke nog die 4de plek haal alhoewel dit
> onwaarskynlik is. Die komende naweek is baie bepalend. WP speel weg teen
> die Bulle wat hulle darem seker nie sal maak nie. WP moet egter vir Natal op
> Nuweland nog klop dan kan dinge nog gebeur.

Dit spyt my om te sê, maar WP sal dit nie maak nie. Hulle het verdien om
teen VS te verloor, want hulle het nie die vaste 5 om voor te domineer nie.
Dit het VS se losvoorspelers toegelaat om hulle te ontwrig op losskakel en
binnesenter. Dit was duidelik in die S12, teen Boland en ook Saterdag.

> Op die laaste twee weke se spel behoort 'n welverdiende eindstryd tussen
> Griekwas en N-Tvl te wees.

Ek meen, en hoop ook so. Vir Griekwas se part hoop ek hegter Natal wen teen
die Bulle, want dis die enigste manier wat hulle 'n tuis eindstryd kan kry,
en wen.

Maar moenie SWD weggooi nie! Ons soek nog 'n geleentheid om '74 se 97-0 teen
die Leeus te wreek!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17981 is 'n antwoord op boodskap #17798] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Speel SWD nie teen Griekwas op George die naweek nie?

Ja, maar eintlik moes hulle op Barrydale op die Flying Eagles se veld
gespeel het, dan sou hulle gehoes het!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Mandela by Harvard [boodskap #17982 is 'n antwoord op boodskap #17798] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Sep 1998 00:51:09 -0500, "Henri Burger" <hb...@mweb.co.za> wrote:

<<>Dit spyt my om te sę, maar WP sal dit nie maak nie. Hulle het verdien om
>teen VS te verloor, want hulle het nie die vaste 5 om voor te domineer nie.>>

Dis hulle probleem ja. Die vaste 5. Net Toks en Boome beteken iets. En
Toks is nie n 80 minute speler nie en Boome is nog belowend.

<<Maar moenie SWD weggooi nie! Ons soek nog 'n geleentheid om '74 se 97-0 teen
>die Leeus te wreek!>>

Speel SWD nie teen Griekwas op George die naweek nie?

(He,he...)
Vorige onderwerp: Mode (Was: Ware Afrikaners?)
Volgende onderwerp: Groepe Byvoeg!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:55:51 MGT 2024