Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mode (Was: Ware Afrikaners?)
Mode (Was: Ware Afrikaners?) [boodskap #17819 is 'n antwoord op boodskap #17821] Do, 24 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Nou toe nou! Daar gryp jy een woordjie aan en torring daarmee. Plaas dat jy Shaun se
brief in konteks probeer lees.

Ek woon ook in die VSA. Diskwalifiseer dit my nou om kommentaar oor Afrikaans en
Afrikaanse taalgebruik te lewer? Ek dink wat ek al daarvan vergeet het, moet jy nog
leer. Taalgebruik, soos enige ander menslike gedrag, beleef ook maar modes. Dink
maar aan die "mode"woorde wat so lekker gebruik word - soos Naas Botha se "op die ou
einde van die dag" van so 'n paar jaar gelede.

Shaun verwys in ieder geval na die gebruik (soos Matilda dit gedoen het) om Engelse
woorde en uitdrukkings in 'n andersins oorwegend Afrikaanse sin/paragraaf te
gebruik.

Mense wat hulle eie taal nie goed genoeg onder die knie het om hulle gedagtes suiwer
en volledig daarin te kan uitdruk nie, gryp dikwels na ander tale (gewoonlik Engels,
maar dikwels ook Frans - veral in Europa). Daar is ook 'n taamlike groot groep wat
dink dis oulik of gevat as jy dit doen. In werklikheid weerspieël dit bloot luiheid
en ongedissiplineerde denke.

En dis waarteen ek dit het, soos ek vermoed Shaun dit ook gehad het.

brya...@my-dejanews.com wrote:

> In article ,
> Shaun wrote:
>> Ag, Matilda.....
>> Foeitog. So onverdraagsaam. het jy al die gelykenis van die tollenaar en die
>> Fariseër gelees? Daar waar die Fariseër sê: "Dankie tog dat ek nie soos die
>> tollenaar is nie"? En probeer maar volgende keer om in Afrikaans te skryf. Dis
>> lank nie meer mode om so deurmekaar te skryf nie.
>
> Mode? (ek lag nou lekker) Hoe sal jy nou weet wat mode is ten opsigte van
> taalgebruik en wat nie. Mense praat soos hulle wil. As jy spesifieke
> 'modes' wil navolg as dit by taal kom, maak dan so. Moenie aanneem dat die
> res dit ook doen nie. Vir iemand wat in die VSA sit, is dit in elk geval
> nogals arrogant om voor te gee dat jy weet wat deurmekaar Afrikaans is en wat
> nie.
>
> Bryan
>
> --
> **************************************************
> Personal website: http://www.TheOffice.net/brynie
>
> -----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
> http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Mode (Was: Ware Afrikaners?) [boodskap #17821 is 'n antwoord op boodskap #17819] Do, 24 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
Koos wrote:
> Nou toe nou! Daar gryp jy een woordjie aan en torring daarmee. Plaas dat jy Shaun se
> brief in konteks probeer lees.
>
> Ek woon ook in die VSA. Diskwalifiseer dit my nou om kommentaar oor Afrikaans en
> Afrikaanse taalgebruik te lewer?

Natuurlik kan jy kommentaar lewer, maar mens sou sekerlik kon argumenteer of
jy weet of dit steeds in die 'mode' is om so te gesels of nie. Dis maar al
wat ek wou noem oor Shaun se antwoord. Hy't tog immers vir Matilda daarop
gewys dat "dit nie meer in die mode is nie". Presies hoe bepaal hy of dit
NIE meer in die mode is om so te gesels of nie? Ek het nooit die
aanvaarbaarheid of taalkorrektheid daarvan betwyfel nie.

Bryan

--
**************************************************
Personal website: http://www.TheOffice.net/brynie

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Mode (Was: Ware Afrikaners?) [boodskap #17918 is 'n antwoord op boodskap #17821] Ma, 28 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Lukas Liebenberg[1]  is tans af-lyn  Lukas Liebenberg[1]
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
brya...@my-dejanews.com says...

Onthou tog dat dit vir heelwat mense deesdae polities korrek is om ten
minste 2 tale en verkieslik meer in elke sin te gebruik. Deur slegs enkel
woorde tussenin te gebruik kan as swak taal beskryf word. Aanhalings in
'n ander taal, wel dis 'n perd van 'n ander kleur.

>
> Koos wrote:
>> Nou toe nou! Daar gryp jy een woordjie aan en torring daarmee. Plaas dat jy Shaun se
>> brief in konteks probeer lees.
>>
>> Ek woon ook in die VSA. Diskwalifiseer dit my nou om kommentaar oor Afrikaans en
>> Afrikaanse taalgebruik te lewer?
>
> Natuurlik kan jy kommentaar lewer, maar mens sou sekerlik kon argumenteer of
> jy weet of dit steeds in die 'mode' is om so te gesels of nie. Dis maar al
> wat ek wou noem oor Shaun se antwoord. Hy't tog immers vir Matilda daarop
> gewys dat "dit nie meer in die mode is nie". Presies hoe bepaal hy of dit
> NIE meer in die mode is om so te gesels of nie? Ek het nooit die
> aanvaarbaarheid of taalkorrektheid daarvan betwyfel nie.
>
>
> Bryan
>
Vorige onderwerp: En Mandela sê "good riddance"!
Volgende onderwerp: Mandela by Harvard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 21:04:46 MGT 2024