Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » brons
brons [boodskap #143641] Ma, 30 Oktober 2023 15:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Brons
Brons
brons
Afbreking: brons


Selfstandige naamwoord: brons
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Legering (allooi) van koper, tin en ander metale.
• 'n Rooibruin kleur, soos die van die metaal.
• 'n Medalje van die metaal, gewoonlik vir 'n 3de plek.

Gebruik:
• Die standbeeld is van brons gemaak.
• Ek wil die raam verf. Kan jy brons meng?
• Sy behaal brons in die 200m borsslag.

Hiponiem:
• fosforbrons
• loodbrons
• goudbrons

Afgelei:
• bronsagtig
• bronsartikel
• bronsdraad
• bronsbeeld
• bronsfiguur
• bronsgietstuk
• bronskleurig
• bronsmedalje
• bronstyd
• bronsware
• verbrons

Vertaling:
Engels: bronze
Nederlands: brons

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waarvolgens
Volgende onderwerp: protesaksie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 08:12:53 MGT 2024