"Lente in Johannesburg" deur FERDI GREYLING [boodskap #17265] |
Wo, 02 September 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
LENTE IN JOHANNESBURG
Ferdi Greyling
Oor die koppies, uit die noorde,
waai 'n droë wind op die stad.
Later, na die donderweer,
vee die reën oor die huise se sinkdakke.
In die agterplaas hang die kristal
van die stil oggend
om die groen boom.
Die voëls sing gaatjies in die stilte.
Op die sypaadjie
voor die verkeer
is my liefde
blou in die jakarandabome.
|
|
|
Re: "Lente in Johannesburg" deur FERDI GREYLING [boodskap #17280 is 'n antwoord op boodskap #17265] |
Do, 03 September 1998 00:00 |
DS
Boodskappe: 4 Geregistreer: September 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dis pragtig.....Dankie!!
TreeLady
@igs.net wrote in article ...
>
>
> LENTE IN JOHANNESBURG
> Ferdi Greyling
>
> Oor die koppies, uit die noorde,
> waai 'n droë wind op die stad.
>
> Later, na die donderweer,
> vee die reën oor die huise se sinkdakke.
>
> In die agterplaas hang die kristal
> van die stil oggend
> om die groen boom.
> Die voëls sing gaatjies in die stilte.
>
> Op die sypaadjie
> voor die verkeer
> is my liefde
> blou in die jakarandabome.
>
|
|
|