Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die lewe na die dood" deur DONALD RIEKERT
"Die lewe na die dood" deur DONALD RIEKERT [boodskap #17275] Do, 03 September 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE LEWE NA DIE DOOD
Donald Riekert

Die ou Boesmanvrou is
laat sak en haar asem
het nog die rooi sand
stoffie laat roer onder
die witstamboom Druk
hulle haar kop vas met
'n ronde klip Maar 'n ou
uitstoot-bobbejaanmannetjie
rol die klip weg en voer
die ou vrou ryp rooi soet
rosyntjiebessies
drie dae later loop sy met
die ou-een rond en vertel
omstandig van die lewe in
die holkrans waar die water
koel soos tsamma
op jou lip kom lê
Vorige onderwerp: "Lente in Johannesburg" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Die Klippe praat" deur P.J. PHILANDER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 09:08:46 MGT 2024