Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » heimat-vers vir my lovely - Theunis Engelbrecht
heimat-vers vir my lovely - Theunis Engelbrecht [boodskap #17066] Di, 25 Augustus 1998 00:00
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
heimat-vers vir my lovely

ek bou vir jou 'n huisie
van sandsteen son en skalie
ek plant vir jou 'n wilgerboom
wat wolffluitlange skadu's maak
ek dors vir jou 'n riviertjie uit die aarde
waarin paddas moederlik grom
ek plaas vir jou 'n paar vet kuikens
en cuddlesome katjies op die werf
ek brei 'n voetmatjie om te lê
voor die riempiestoel wat ek vir jou gevleg het
ek vra die wolke
om die blou lug plek-plek melkwit af te werk
ek gooi die damme vol water
sodat ons kinderlik kaal daarin kan baljaar
ek versamel stronke vir jou stofie
sodat ons koffiewater lekker warm kan stoom
ek berei vir jou 'n matrasveerbedjie
waarop ons nagtelank bymekaar kan doeks
ek sit sterk vensters in die mure
om tokkelossie buite te laat bly

dit alles doen ek net vir jou
omdat ek vreeslik baie van jou hou
Vorige onderwerp: "Jan se huis" deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: "Laatmiddag in die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 18 22:26:52 MGT 2024