Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Jan se huis" deur BREYTEN BREYTENBACH
"Jan se huis" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #17048] Ma, 24 Augustus 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
JAN SE HUIS
Breyten Breytenbach

hierdie is die huis van hout
wat Jan gebou het wit
net buite die bereik van sout
se vrete/ die wind
skuur al die hoeke gelyk
en in die tuin glinster
en gesels die see soos 'n holte
vol ou geheime van die maan
more kom die son
nes room van die grootslaap
se duister melk
waar vrees en vlees bind
in 'n kind se blinde vrae/ Jan
my Oujongkind Jan loop buk-buk
krom en af die aarde in sy oë
het kyk-kyk weggeswem
van hier kiep-kiep na sterretjies
in watersooie kyk
onder die sand skuur die see
se tande al die geraamtes gelyk/
hierdie is die huis van hout
Vorige onderwerp: "Somer in Johannesburg" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: heimat-vers vir my lovely - Theunis Engelbrecht
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 07:12:04 MGT 2024