Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Beleefdheid as kulturele gewoonte
Beleefdheid as kulturele gewoonte [boodskap #16660] Sa, 08 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes:
> On Tue, 04 Aug 1998 17:11:17 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:
>
> > werk mee praat en my buurman se tuinwerker en huiswerker klink maar
>> almal baie fed-up met die huidige regering en toestande - niks van
>> hulle verkiesingsverwagtinge het waarheid geword nie. Vra vir wie
>> hulle gaan stem - almal vir die ANC en uiteindelik trek jy dan die
>> rede uit hulle uit - intimidasie: hulle glo vas die ANC kan sien vir
>> wie jy stem. >>
>
> Het jy al daaraan gedink dat JY dalk die intimideerder is?
>
> Dat hulle se wat hulle dink jy wil hoor?

'n Mens moet ook in ag neem dat byna elke swart
kultuur in Suidelike Afrika 'n amper rituele gebruik
van beleefdheid beoefen. 'n Mindere op die sosiale leer
mag nie iemand meer belangrik as hy (of wie hy as
meer belangrik beskou) teenspreek nie. As jy dus vir
'n swart persoon (veral 'n persoon wat homself sien as
sosiaal ondergeskik aan jou, soos 'n bediende) vra wat hy
dink van die ANC, en hy kan sien dat jy nie van die ANC
hou nie, dan sal hy sy antwoord beperk tot wat hy dink jy
wil hoor, as 'n vorm van beleefdheid. (Hy sal natuurlik
fyn oplet na watter kant toe jou gedagtes loop, en sal dit
onthou vir sy toekomstige inligting.)
Hierdie rituele beleefdheid het ek nogal 'n probleem
gevind wanneer ek vir swart studente skoolgehou het. As ek
vra of hulle iets verstaan, dan was hulle eerste neiging om
�ja� te sê, omdat hulle gevoel was dat om 'nee� te sê sou kon
lyk asof hulle my wou veroordeel. Ek moes dus met elke nuwe
groep 'n amper kulturele debat voer: ek moes aan hulle verdui-
delik dat ek weet hulle dink dis goeie maniere om te sê dat hulle
verstaan selfs as hulle nie verstaan nie. Maar, moes ek dan ver-
duidelik, in die toekoms sou ek baie ontsteld wees as hulle om
dié rede vir my onder die verkeerde indruk laat. Na so 'n gesprek
het die studente dan altyd vry gevoel om te sê hulle verstaan nie.

Gloudina
Re: Beleefdheid as kulturele gewoonte [boodskap #16672 is 'n antwoord op boodskap #16660] So, 09 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
zero_int  is tans af-lyn  zero_int
Boodskappe: 17
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On 8 Aug 1998 17:58:00 GMT, whispered:

> 'n Mens moet ook in ag neem dat byna elke swart
> kultuur in Suidelike Afrika 'n amper rituele gebruik
> van beleefdheid beoefen. 'n Mindere op die sosiale leer
> mag nie iemand meer belangrik as hy (of wie hy as
> meer belangrik beskou) teenspreek nie. As jy dus vir
> 'n swart persoon (veral 'n persoon wat homself sien as
> sosiaal ondergeskik aan jou, soos 'n bediende) vra wat hy
> dink van die ANC, en hy kan sien dat jy nie van die ANC
> hou nie, dan sal hy sy antwoord beperk tot wat hy dink jy

Bullshit. Dit is nie beleeftheid nie. Dit is pure slapgattigheid.
Hulle is te bang om die waarheid te vertel omdat hulle bang is dat dit
hulle job sal kos. Daar is geen beleeftheid daarby betrokke nie. En
nee, dit is nie net beperk tot swartmense nie. Baie blankes doen
presies die selfde.

> wil hoor, as 'n vorm van beleefdheid. (Hy sal natuurlik
> fyn oplet na watter kant toe jou gedagtes loop, en sal dit
> onthou vir sy toekomstige inligting.)
> Hierdie rituele beleefdheid het ek nogal 'n probleem
> gevind wanneer ek vir swart studente skoolgehou het. As ek
> vra of hulle iets verstaan, dan was hulle eerste neiging om
> “ja” te sê, omdat hulle gevoel was dat om “nee” te sê sou kon
> lyk asof hulle my wou veroordeel. Ek moes dus met elke nuwe

Puhhhhhhlease!!!! Spaar ons die dramatiese uitlatings. HOE weet jy
wat hulle gedink het? Het jy hulle gevra? En as hulle geantwoord
het, hoe weet jy dat dit nie maar net weer een van hierdie "beleefde"
antwoorde was nie?

> groep 'n amper kulturele debat voer: ek moes aan hulle verdui-
> delik dat ek weet hulle dink dis goeie maniere om te sê dat hulle
> verstaan selfs as hulle nie verstaan nie. Maar, moes ek dan ver-
> duidelik, in die toekoms sou ek baie ontsteld wees as hulle om
> dié rede vir my onder die verkeerde indruk laat. Na so 'n gesprek
> het die studente dan altyd vry gevoel om te sê hulle verstaan nie.

Sien my tweede punt hier bo.

>
> Gloudina

PGP Fingerprint: 7C63 CB7C 1292 4355 C6C2 8241 7789 483D
PGP Key ID : 0xB7CAD5ED
http://www.crosswinds.net/birmingham/~zeroint
zero_int@stones.comm [remove last "m"]

It's not hard to meet expenses, they're everywhere.

It's easy to mistake a poor memory for a clear conscience.
Re: Beleefdheid as kulturele gewoonte [boodskap #16673 is 'n antwoord op boodskap #16660] So, 09 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms[2]  is tans af-lyn  Stefan Harms[2]
Boodskappe: 19
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article , wrote:

> 'n Mens moet ook in ag neem dat byna elke swart
> kultuur in Suidelike Afrika 'n amper rituele gebruik
> van beleefdheid beoefen. 'n Mindere op die sosiale leer
> mag nie iemand meer belangrik as hy (of wie hy as
> meer belangrik beskou) teenspreek nie. As jy dus vir
> 'n swart persoon (veral 'n persoon wat homself sien as
> sosiaal ondergeskik aan jou, soos 'n bediende) vra wat hy
> dink van die ANC, en hy kan sien dat jy nie van die ANC
> hou nie, dan sal hy sy antwoord beperk tot wat hy dink jy
> wil hoor, as 'n vorm van beleefdheid. (Hy sal natuurlik
> fyn oplet na watter kant toe jou gedagtes loop, en sal dit
> onthou vir sy toekomstige inligting.)
> Hierdie rituele beleefdheid het ek nogal 'n probleem
> gevind wanneer ek vir swart studente skoolgehou het. As ek
> vra of hulle iets verstaan, dan was hulle eerste neiging om
> �ja� te sê, omdat hulle gevoel was dat om 'nee� te sê sou kon
> lyk asof hulle my wou veroordeel. Ek moes dus met elke nuwe
> groep 'n amper kulturele debat voer: ek moes aan hulle verdui-
> delik dat ek weet hulle dink dis goeie maniere om te sê dat hulle
> verstaan selfs as hulle nie verstaan nie. Maar, moes ek dan ver-
> duidelik, in die toekoms sou ek baie ontsteld wees as hulle om
> dié rede vir my onder die verkeerde indruk laat. Na so 'n gesprek
> het die studente dan altyd vry gevoel om te sê hulle verstaan nie.
>
> Gloudina

Maak ek die regte afleiding hieruit dat jy NIE die beleefdheid in die
ander kultuur RESPEKTEER NIE ?

Waarom gebruik jy nie eerder 'n ander vorm van terugvoer (feedback) van
jou leerlinge wat nie van hulle vereis om teen hulle eie kultuur te
handel?

Help my reg as ek verkeerdelik 'n vreeslike kulturele hoffaardigheid in
jou interkulturele "onderwys" het.

(Die Afrikaanse woord sê dit mooi: Onder-wys ! Geen twyfel wie "bo" is)

--
Stefan Harms @ Squirrel's End
Re: Beleefdheid as kulturele gewoonte [boodskap #16674 is 'n antwoord op boodskap #16660] So, 09 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Aug 1998 17:58:00 GMT, wrote:
fyn oplet na watter kant toe jou gedagtes loop, en sal dit[/color]
> onthou vir sy toekomstige inligting.)>>

Veral as sy inkomste afhanklik is van daardie persoon.

Watter tuinier gaan vir sy regse betaalmeester se hy steun die ANC en
die regses kan na hulle mal antie toe vlieg?
Re: Beleefdheid as kulturele gewoonte [boodskap #16675 is 'n antwoord op boodskap #16660] So, 09 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
harm...@mbnet.mb.ca (Stefan Harms) writes:
Na so 'n gesprek
>> het die studente dan altyd vry gevoel om te sê hulle verstaan nie.
>>
>> Gloudina
>
> Maak ek die regte afleiding hieruit dat jy NIE die beleefdheid in die
> ander kultuur RESPEKTEER NIE ?
>
> Waarom gebruik jy nie eerder 'n ander vorm van terugvoer (feedback) van
> jou leerlinge wat nie van hulle vereis om teen hulle eie kultuur te
> handel?
>
> Help my reg as ek verkeerdelik 'n vreeslike kulturele hoffaardigheid in
> jou interkulturele "onderwys" het.
>
> (Die Afrikaanse woord sê dit mooi: Onder-wys ! Geen twyfel wie "bo" is)
>
> --
> Stefan Harms @ Squirrel's End

Hi Stefan. Dankie vir die navraag. Dis nogal 'n
interessante probleem wat jy hier belig. In die
eerste plek moet jy onthou dat die studente en ek
al klaar 'n interkulturele eenheid gevorm het,
en hulle 'n kulturele inrigting besoek het wat
op westerse waardes en gewoontes gebou is.Dit is
wel waar dat dit moontlik sou gewees het om uit
te vind of hulle verstaan deur baie meer vrae te
vra as wat ek alreeds gedoen het (omdat vrae vra
in alle geval 'n groot deel van die onderwys
uitmaak.) Maar ek het gevind dat dit goed was om
met hulle te praat oor ons kulturele verskille.
Op die manier het hulle gesien ek het kennis en
respek vir hulle kultuur, en hulle het 'n insig
in my kultuur. En deur vir hulle te vertel dat
hulle vir my mag sê dat hulle nie verstaan wat
ek sê nie, het ek hulle in der waarheid die reg
gegee om met my as gelyke om te gaan.
Wanneer kulture meng, is dit altyd baie
vrugbaar om oor die verskille te praat. Ek het
'n ou Zulu-dame ('n sosiale werkster wat in die
VSA opgelei was) as gids gehad. Sy het, omdat sy
geweet het ek sou haar dit nie kwalik neem nie,
vir my op dinge gewys waar ons kulture drasties
verskil. Ek het al vantevore hieroor gepraat:
as mense by 'n deur uitgaan, laat jy in die
wit kultuur die mees belangrike eerste deur en
staan terug vir daardie persoon. In die Zulu
kultuur gaan die minder belangrike eerste deur
en die meer belangrike kom later. Dis baie goed
om dit te weet

Gloudina.
Re: Beleefdheid as kulturele gewoonte [boodskap #16700 is 'n antwoord op boodskap #16660] Ma, 10 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> In die Zulu
> kultuur gaan die minder belangrike eerste > deur
> en die meer belangrike kom later.

Hierdie goed is baie interessant. Ek het 'n aantal jare in Zoeloeland
gewerk, en kan bg. bevestig. Die ondergeskikte (of dan die persepsie van wie
die ondergeskikte is) moet hom ook in 'n laer posisie plaas, en sal
onmiddellik gaan sit sonder dat die 'meerdere' vir hom 'n stoel aanbied.
(Dit is blykbaar ook deel van ander kulture, soos ek my kan herinner uit die
blyspel 'The King and I'.)

'n Ander Zoeloe gewoonte is dat die meerdere eerste moet groet. Dikwels kom
dit voor asof die 'ondergeskikte' onbeleefd is omdat hy nie groet nie, maar
hy wag om toestemming te kry om terug te groet! Ek het 'n interessante
variasie hiervan waargeneem. Normaalweg groet die 'meerdere' deur iets soos
'Saubona Baba!' ('Dag, Vader') te sê, en sy regterhand met 'n oop palm in
die lug te steek (kyk, ek is ongewapen!). Die 'mindere' antwoord dan met
'Yebo, Baba!' Die variasie bestaan daaruit dat die mindere sal open met
'Yebo, Baba!', en daarmee aandui dat hy hom as die mindere beskou.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Beleefdheid as kulturele gewoonte [boodskap #16728 is 'n antwoord op boodskap #16660] Di, 11 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

> Hierdie goed is baie interessant. Ek het 'n aantal jare in Zoeloeland
> gewerk, en kan bg. bevestig. Die ondergeskikte (of dan die persepsie van wie
> die ondergeskikte is) moet hom ook in 'n laer posisie plaas, en sal
> onmiddellik gaan sit sonder dat die 'meerdere' vir hom
'n stoel aanbied.

Hierdie gewoonte vir die ondergeskikte om
laer te wees as die meerdere kan lei na
ongemaklike momente in 'n half-verwesterse
situasie: die wit skoolprinsipaal wat
geirreteer word omdat die student dadelik
op die naaste stoel gaan sit sonder dat
hy 'n stoel aangebied is, terwyl die
prinsipaal nog staan. Die prinsipaal moes
natuurlik van hierdie kultuurverskynsel
bewus gewees het, maar soos baie witmense
gaan hulle deur die lewe met baie min
kennis van wat werklik om hulle aangaan.
Dis dieselfde hier in Kanada. Min mense
van Europese oorsprong probeer uitvind
in watter opsig hulle kultuur verskil van
die kultuur van die oorspronklike inwoners.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Die BOERANT....
Volgende onderwerp: Die ou ding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 18 20:19:04 MGT 2024