Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Theo Wassenaar - Tweede Sonnet... (Ek soek See Sonnet 2 ( Twee))
Theo Wassenaar - Tweede Sonnet... [boodskap #140646] Ma, 05 Desember 2022 16:00 na volgende boodskap
Sidharta  is tans af-lyn  Sidharta
Boodskappe: 1
Geregistreer: Desember 2022
Karma: 0
Junior Lid
Ek soek See Sonnet 2 van Theo Wassenaar. Dit begin met: " Stadig sak 'n glorie volle dag , weg diep in die stille oseaan. Dat die sterre en maan in aanbidding staan ..."
Re: Theo Wassenaar - Tweede Sonnet... [boodskap #140647 is 'n antwoord op boodskap #140646] Ma, 05 Desember 2022 18:06 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
SEE-SONNETTE deur Theo Wassenaar (1892 – 1982)

I.

Stilsterwend sink 'n glorievolle dag
Weg in die bloute van die oseaan,
So rustig as 'n droom, so groots van prag
Dat see en lugte in aanbidding staan.

Soos verre bosse aan die horison
Lyk wolke wat daar opkom uit die see.
Daar agter daal die grote ronde son
Soos in 'n graf van diep-besielde vree.
 
O Liefste, heilig is Herinnering,
En elke aand sal onvergeetlik bly
Wat my opnuut my liefde lief laat kry;
 
Opnuut die droom van skone lewe bring:
Die oseaan van diep gevoel waarin
'k Myself verloor en spraakloos vreugde win.

II.
 
O magtige oseaan, jy wydgestrekte,
Omsirkeld deur die ongemetenheid,
Diep in jou boesem rus die onontdekte;
Alleen jou swaar gehyg verneem die tyd.

O nooitvermoeide see wat immer-woelend,
Getye reël na gange van die maan
En op die storm se stem ontstuimig spoelend,
Jou branders op die rotse stukkend slaan!

O ewige deining van die Grote en Magtige!
So dein die breed sterk stroom van volle lewe
In my klein hart. Ek nietigste kristal,
Ek mag ook speel met glans van die ewig-pragtige.
Die skepping het ook my sy doel gegewe:
Een polsslag in die ritme van die Heelal!
Vorige onderwerp: Gebed ?
Volgende onderwerp: "Soet is die Stryd" deur ID du Plessis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 07:36:28 MGT 2024