Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Soet is die Stryd" deur ID du Plessis
"Soet is die Stryd" deur ID du Plessis [boodskap #141151] Ma, 20 Februarie 2023 18:48
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
SOET IS DIE STRYD
I.D. du Plessis

Jy sê die stryd is verlore,
Ons nasie te arm en klein,
Ons taal uit 'n drang gebore
Wat een van die dae verdwyn?
My broer, dit mag heeltemal waar wees.
Wie weet wat die toekoms gaan baar?
Miskien moet ons oormôre klaar wees.
Om weer hierdie droom te laat vaar;
Maar as ons net altyd moet strewe
Na wat tot oorwinning gaan lei,
Wat baat dan die stryd van die lewe
Waarin ons onseker moet bly?
Solank jou bedoelings maar goed is,
Gaan jy jou oor neerlae kwel?
Solank jy volhard en vol moed is -
Dis tog die probeerslag wat tel!
Nee, soet is die stryd vir die stryer,
Al moet hy uiteindelik verloor;
Maar die man wat sy deelname weier,
Is die man wat sy nasie vermoor.
Vorige onderwerp: Theo Wassenaar - Tweede Sonnet...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:12:09 MGT 2024