Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » eiland van verdoemenis
eiland van verdoemenis [boodskap #140488] Sa, 22 Oktober 2022 20:21
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
skaars 'n spikkel op die groot wêreldkaart
daar waar jy aan die voet van reus afrika lê
kompleet asof jy sy beskerming vra
of dalk wil jy sy vergifnis hê

jy is mos geen normale eiland
wat was werklik die doel van jou geboorte
of word jy self deur die reus gestraf
vir al die dood wat jy saai binne jou poorte

geen toeriste baljaar op jou strande
jy is geen tropiese paradys
stormsterk winde verdor jou velde
en die see rondom jou is kouer as ys

tog lê jy op die hoof seeroete
met 'n volle uitsig op die pragtigste baai
binne bereik van die ryk visvelde
maar sonder 'n enkele vis op jou kaai

net soos melaatses en gevangenes op jou moes kom boet
vir dinge wat andere as verkeerd beskou het
word jy ook gestraf vir die blote feit
dat jy hul hier weg van hul geliefdes gehou het
Vorige onderwerp: die voëllughawe
Volgende onderwerp: die spinnekop teen die hek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:37:46 MGT 2024