Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » my smeekgebed
my smeekgebed [boodskap #140364] Ma, 03 Oktober 2022 11:33
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
in die grootste sonde, Heer
kom kniel ek voor U neer
want U het tog self gesê
om die teenoorgestelde van liefde te hê
is selfsug

en elkeen van ons weet
dat U ons aan ons liefde meet
spontane onvoorwaardelike liefde
nie aan ons alleen
maar aan elke ander wese om ons heen

daarom kom smeek ek nou voor U
om my te help met ‘n paar treë tru
sodat ek uit die val van selfsug kan tree
en so U liefde in my aan ander te gee

want dit skeur my hart
as ek kyk na die smart
wat my selfsug bring
terwyl die voëltjies rondom my sing
Vorige onderwerp: my karooland
Volgende onderwerp: hoe lank nog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:50:44 MGT 2024