Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » hoe lank nog
hoe lank nog [boodskap #140373] Di, 04 Oktober 2022 12:24
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek wag en wag en wag
wag nie ‘n uur nie maar dag na dag na dag
dag om die waarheid te mag hoor
hoor hoe die leuens van gister hulle krag verloor
verloor sodat geregtigheid mag wen
wen omdat almal die ware feite ken
ken die mense wat my nie wil red
red van die leuens wat my naam besmet

maar my hoop is gevestig op my Hemelse Vader
Vader wat wink en sê: ”Kom nader”
“Kom nader en kom wag hier by My
By My word jou naam van sy klad bevry”
Vorige onderwerp: my smeekgebed
Volgende onderwerp: misdaadontkenning
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:02:54 MGT 2024