Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » misdaadontkenning
misdaadontkenning [boodskap #140374] Di, 04 Oktober 2022 12:26
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek probeer so hard om te verstaan
wat tans besig is om in ons land te gebeur
waar kom al hierdie misdadigers vandaan
en wie gee hulle die reg om ons land so uit mekaar uit te skeur

die antwoorde op die meeste van my vrae ken ek baie goed
maar die ding wat dwars in my krop steek
is waarom het niemand in die regering die moed
om daadwerklik die ganse misdaadnes oop te breek

en elke misdadiger wat hulle daarbinne vind
onmiddellik uit hierdie lewe uit te blaas
voordat hulle hul hande kan lê op nog ‘n man of vrou of kind
of nog ‘n voertuig kan kaap en otm kan opblaas

hierdie totale ontkenning van die midaadprobleem wys vir my
dat die regering en polisie doelbewus anderpad kyk
omdat hulle bang is vir die vriende en familielede wat hulle daar mag kry
dit is waarom hulle so ferm enige vrae oor misdaad ontwyk
Vorige onderwerp: hoe lank nog
Volgende onderwerp: gebed van 'n jong resiesperd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 05:09:38 MGT 2024