Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die waarheid
die waarheid [boodskap #140360] Ma, 03 Oktober 2022 11:26
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
hello pa
vir vier-en-sestig jaar het ek gewonder
gewonder wat die waarheid was
gewonder watter soort mens jy was
gewonder of jy my lief gehad het
gewonder hoekom jy weg moes gaan
gewonder hoekom jy my net so gelos het
ek was nog so bitterlik klein gewees
maar net een jaar en elf maande oud
jyself was ook nog baie jonk gewees
maar slegs twee-en-veertig jaar oud

ek was vir jou baie kwaad

so kwaad dat dit vyftig jaar sou duur
voordat ek met jou kon praat

nou het ek die waarheid gehoor
en dit maak baie seer
maar ten minste verstaan ek
verstaan ek presies wat gebeur het
verstaan ek jou geweldige pyn
verstaan ek jou skuldgevoel

maar iets wat ek glad nie kan verstaan
is jou hantering van daardie gevoel
want dit het jou van my af weggeneem
en daarvoor is ek kwaad

ek mis jou vreeslik baie
omdat ek jou werklik nodig het
ek sou so graag in die veld wou stap
en met jou gesels en leer ken
sodat jy jou kennis met my kon deel
Vorige onderwerp: orde in die natuur
Volgende onderwerp: my karooland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 00:12:35 MGT 2024