Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » dis lente
dis lente [boodskap #140320] Di, 27 September 2022 07:55
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
na byna drie weke van onophoudelike reën
met strate, erwe en wonings oorstroom deur water
en ‘n yswind wat deurdring tot op die been
kom die stem oor die radio met voorspellings van
reën, reën, sneeu, koue en reën

maar vandag is die plate water
die enigste teken van al die reën
want die son het deur die wolke gebreek
plante ontvou hul blomme
en voëltjies kwetter weer luidrugtig in die bome
want dis lente
Vorige onderwerp: ek het nie woorde nie
Volgende onderwerp: die woorde wat ons uiter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 15:27:10 MGT 2024