Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » oggendgebed
oggendgebed [boodskap #139604] So, 26 Junie 2022 16:04
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
wat ‘n pragtige dag
na ‘n wonderlike nag
Vader, skenk my tog die krag
om alles te kan vermag
wat hierdie nuwe dag
van my verwag
skenk my geduld as ek vir iemand wag
en as ek wil kwaad raak, hou my stemtoon sag
leer my om liewer vir myself as vir ander te lag
maar ‘n glimlag te deel eerder as om vir een te wag
maak my elke sekonde bewus van die Skepping se prag
en laat my nooit twyfel aan u Mag
amen
Vorige onderwerp: God se juwele
Volgende onderwerp: aandgebed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 22:58:41 MGT 2024