Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » God se juwele
God se juwele [boodskap #139594] Sa, 25 Junie 2022 07:51
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek dank U my God vir die voorreg
om U juwele oor my pad te kon sien kom
hier waar ek as pasiënt aan ‘n hospitaalbed gekluister lê

hulle lyk van buite maar net soos gewone mense
want dit is tog presies wat hulle is
gewone mense elkeen met sy en haar eie kruis terug daar by die huis

wat hulle anders maak is daardie passie en empatie
wat so spontaan vanuit hul edelsteenharte na buite stroom
om so ons pyn te verlig en ons verblyf hier aangenaam te maak

doodmoeg en oorwerk
doen hulle dit met ‘n glimlag onder daardie masker
altyd op ‘n drafstap om betyds ‘n helpende hand uit te reik

dit is juweelmense soos hierdie
wat wys dat U werklik in beheer is

baie dankie dat ek ook ‘n blik
in U juweelkissie kon hê
Vorige onderwerp: honde-fanagalo
Volgende onderwerp: oggendgebed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 11:31:12 MGT 2024