Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kwajong
kwajong [boodskap #137815] Di, 31 Augustus 2021 18:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kwajong
Afbreking: kwa•jong


Selfstandige naamwoord: kwajong
Meervoud: kwajongens
Verkleinwoord: kwajongetjie
Meervoud van verkleining: kwajongetjies

Betekenis:
• 'n Stout, ondeunde seun.

Gebruik:
• Die kwajong het al die ooms se pype met buskruit opgestop.

Sinoniem:
• belhamel
• deugniet
• karnallie
• kwaaddoener
• lummel
• maaifoedie
• niksnuts
• ondeug
• platjie
• rakker
• stouterd
• vabond

Afgelei:
• kwajongensagtig
• kwajongstreek

Vertaling:
Engels: naughty boy, young rascal
Nederlands: kwajongen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meteoroïde
Volgende onderwerp: roofkyker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:24:39 MGT 2024