Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mandela se pêl
Mandela se pêl [boodskap #15091] Vr, 22 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
SizweBanzi  is tans af-lyn  SizweBanzi
Boodskappe: 44
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
Die Suid-Afrikaanse verwantskap met Indonesie, na my mening, was 'n fout - maar
kom ons vergewis ons van beide argumente, Leendert. Aan die een kant is dit
duidelik dat die Indonesiese besetting van Oos-Timor en die menseregteskendings
daar militeer teen 'n verwantskap met Indonesie. Voorts kan die feit dat
Suharto bykans 'n halfmiljoen "linkses" en "sosialiste" vermoor het nadat hy
Sukarno omvergewerp het (grootliks met die hulp van die VSA en ander Westerse
lande, by the way) nie weggewens word nie. 'n Menseregte-oorweging sou dus
duidelik militeer teen enige verwantskap met Indonesie.

Tog, net soos met die meeste ander wereldlande (ek hoop jy skeer Clinton,
Hashimoto, Ong Teng Cheong, en Kim Young-Sam - Indonesie se grootste
handelsvriende - oor dieselfde kam as Mandela, leendert) neem ek aan dat die
glinsterende ekonomiese potensiaal van indonesie die hoofrede was vir
Suid-Afrika se omarming van Indonesie. Hoe anders - dis die vierde grootste
wereldbevolking na China, Indie, en die VSA. Voorts kon niemand toe die
asiatiese ekonomiese krisis voorspel nie - inteendeel, voortdurende ekonomiese
vooruitgang was die wagwoord. Ek kan my indink hoedat President Mandela se
adviseurs hom aangemoedig het om handelsverwantskappe te smee - veral gegee die
druk van binne die land om die ekonomie te sterk. Indonesie was dan 'n
oenskynlike goudmyn wat, soos ons nou sien, in Suid-Afrika se gesig opgeblaas
het. Ek het destyds al gese dat die verwantskap met Indonesie 'n fout was - ek
hoop, leendert, jy het dit ook toe al gese en gebruik nie nou reaksionere 20/20
visie om hom mee te kritiseer nie.

Ek stel egter ook belang in die Muslim-reaksie in Suid-Afrika. Miskien kan
diegene van julle in Suid-Afrika hierop lig werp. Ek het dit destyds vreemd
gevind dat die Muslimgemeenskap so stil was jeens Indonesie, die wereld se
grootse Muslimbevolking. Wat is die reaksie nou? En praat verskillende
sektore (soo Qiblah en MJC) uit dieselfde mond?

Sizwe
Re: Mandela se pêl [boodskap #15199 is 'n antwoord op boodskap #15091] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 May 1998 05:08:03 +0300, "Leendert van Oostrum" <oos...@geocities.com> wrote:

<<>Nou wonder mens: Gaan Mandela ook daarop aandring dat Soeharto voor 'n
> tribunaal verskyn om te antwoord vir sy menseregteskendings?>>

A! 'n Tipiese Leendert-statement. Deurspek met haat, bitterheid en
verwring tot die klaarblyklike fokuspunt van sy bestaan: vrees en haat
vir die WVK, die ANC en swart politieke mag.
Re: Mandela se pêl [boodskap #15200 is 'n antwoord op boodskap #15091] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
n 22 May 1998 15:44:57 GMT, sizwe...@aol.com (SizweBanzi) wrote:

<<>Tog, net soos met die meeste ander wereldlande (ek hoop jy skeer Clinton,
> Hashimoto, Ong Teng Cheong, en Kim Young-Sam - Indonesie se grootste
> handelsvriende - oor dieselfde kam as Mandela, leendert) >>
> handelsvriende - oor dieselfde kam as Mandela, leendert) >>

Ek sal raai dit sal vir Leendert afhang van hoe swart hulle velle is.
En hulle vraad van vyandskap/vriendelikheid met die ANC.

><< Indonesie was dan 'n
>> oenskynlike goudmyn wat, soos ons nou sien, in Suid-Afrika se gesig opgeblaas
>> het.>>

'n Klomp geld van daar was in SA belê voor die ekonomie in die ooste
omgeval het. En dis steeds hier en dit was in dollars betaal.

Ek dink nie SA het verloor in die proses nie, behalwe wat die hele
wereld maar verloor in terme van kleiner mark om na uit te voer.
Re: Mandela se pêl [boodskap #15201 is 'n antwoord op boodskap #15091] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 May 1998 22:59:36 -0600, "Henri Burger" <hen...@sukikaki.pixie.co.za> wrote:
<<>SizweBanzi skryf:
>
>> 'n Menseregte-oorweging sou dus
>> duidelik militeer teen enige verwantskap met Indonesië.
>
> Ek neem aan dieselfde oorwegings geld vir China?>>

Dit bring natuurlik die vraag van waar die cut off punt in die
geskiedenis is. Want as daar nie een is nie, moet handelsbetrekkinge
met omtrent die hele Europa, Brittanje, die VSA, Japan, Australië, en
Nieu-Seeland ook bevraagteken word.

Of hoe lokaal dit toegepas word. In welke geval "handelsbetrekkinge"
tussen die ANC-regering en Afrikaner-instansies seker ook ter sprake
kan kom.

Iemand soos Leendert, byvoorbeeld, koop waarskynlik niks wat in
Brittanje vervaardig of uitgedink is nie want hulle het so onlangs
soos 1900 - en waarskynlik so laat soos 1940 (hang af van hoe jy
daarna kyk) - nog menseregte teen spesifiek die Afrikaner geskend.
Re: Mandela se pêl [boodskap #15240 is 'n antwoord op boodskap #15091] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
>
> On 22 May 1998 15:44:57 GMT, sizwe...@aol.com (SizweBanzi) wrote:
>
> Clinton,
>> Hashimoto, Ong Teng Cheong, en Kim Young-Sam - Indonesie se grootste
>> handelsvriende - oor dieselfde kam as Mandela, leendert) >>
>
> Ek sal raai dit sal vir Leendert afhang van hoe swart hulle velle is.
> En hulle vraad van vyandskap/vriendelikheid met die ANC.
>
> omgeval het. En dis steeds hier en dit was in dollars betaal.
>
> Ek dink nie SA het verloor in die proses nie, behalwe wat die hele
> wereld maar verloor in terme van kleiner mark om na uit te voer.
>
>

Ek was vir n ruk in die Singapore, Indonesia, Malaysia. Ek onthou so goed
hoe ek met n groot depressie in Indonesie rondgeloop het. Die desperasie,
stof en armoede was vir my erger as enigiets wat ek in Afrika gesien het. Wat
ek net nie kon klein kry nie was die gapende kontras tussen die historiese
geboue, die groot 5 ster hotelle en die werklikheid van die allerdaagse
bestaan van die gewone mense. Die gewone toeris kry nie kans om met die
hopelose ellende van die plekke kennis te maak nie want hulle word daarvan
weerhou om dit te sien. En laat ek sommer n woordjie hier insit: dit is nie
net Suid-Afrika wat so gevaarlik is nie. In Indonesie dit is bleddie
gevaarlik om rond le drentel as jy nie die taal of die kultuur verstaan nie.
In Suid Afrika is hierdie dinge deesdae nie meer so verbloem nie.

Billy.
Re: Mandela se pêl [boodskap #15241 is 'n antwoord op boodskap #15091] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...

> Iemand soos Leendert, byvoorbeeld, koop waarskynlik niks wat in
> Brittanje vervaardig of uitgedink is nie want hulle het so onlangs
> soos 1900 - en waarskynlik so laat soos 1940 (hang af van hoe jy
> daarna kyk) - nog menseregte teen spesifiek die Afrikaner geskend.

Nee, nee, Ferdie.

Dis die ANC en jy wat julle op die morele kruine plaas en voorgee em die res
van ons vir menseregteskendings te veroordeel.

Ek let ook op jy's terug by jou propagandategniek - beskuldig my van dit wat
jy doen. Net jammer jy kan dit nie subtiel doen nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Mandela se pêl [boodskap #15242 is 'n antwoord op boodskap #15091] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 May 1998 04:59:43 +0300, "Leendert van Oostrum" <oos...@geocities.com> wrote:

<<Ek het reeds geantwoord en uiteengesit waarvan dit vir my afhang.>>

Jy het ja. Oor die afgelope twee jaar of so. Gereeld.
Re: Mandela se pêl [boodskap #15243 is 'n antwoord op boodskap #15091] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On 22 May 1998 15:44:57 GMT, sizwe...@aol.com (SizweBanzi) wrote:
>
>
> Clinton,
>> Hashimoto, Ong Teng Cheong, en Kim Young-Sam - Indonesie se grootste
>> handelsvriende - oor dieselfde kam as Mandela, leendert) >>
>
> Ek sal raai dit sal vir Leendert afhang van hoe swart hulle velle is.
> En hulle vraad van vyandskap/vriendelikheid met die ANC.

Ek het reeds geantwoord en uiteengesit waarvan dit vir my afhang.

So raai maar weer (of gaan kyk bietjie wat ek geskryf het).

Vriendelike groete, Leendert
Re: Mandela se pêl [boodskap #15244 is 'n antwoord op boodskap #15091] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Sat, 23 May 1998 05:08:03 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> 'n
>> tribunaal verskyn om te antwoord vir sy menseregteskendings?>>
>
> A! 'n Tipiese Leendert-statement. Deurspek met haat, bitterheid en
> verwring tot die klaarblyklike fokuspunt van sy bestaan: vrees en haat
> vir die WVK, die ANC en swart politieke mag.

Nou verduidelik 'n bietjie Ferdikins: Wat, in die bostaande teks van my, gee
jou die indruk van "haat, bitterheid en verwinging"?

Of speel jy maar weer met jou strooipoppies?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Mandela se pêl [boodskap #15245 is 'n antwoord op boodskap #15091] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 May 1998 04:58:00 +0300, "Leendert van Oostrum" <oos...@geocities.com> wrote:

<<>Nou verduidelik 'n bietjie Ferdikins: Wat, in die bostaande teks van my, gee
> jou die indruk van "haat, bitterheid en verwinging"?>>

Jou bydraes oor 'n laaang tyd met herhalende tema's en kleinlikhede,
Leendert.
Vorige onderwerp: Wat is Regs
Volgende onderwerp: Die Mafuta-kletser
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 03:42:08 MGT 2024