Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Mafuta-kletser
Die Mafuta-kletser [boodskap #15106] Sa, 23 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Mafuta" writes: >

>> Leendert sit een en een bymekaar en jy sal sien dat ons "GIS KOEI" is selfs
>> maar bietjie blas.

Mafuta, ek wonder hoekom jy die woord "gis-koei"
as 'n belediging gebruik? Kan jy my ook weer
vertel wat die woord "gis" beteken as dit in
verband met "koei" gebruik word. Ek onthou daar
was iets soos "gismelk." Was dit die melk wat
die koei gehad het as dit 'n kalfie het - en dus
melk wat mense nie gedrink het nie? Waarom is
dit 'n uitdrukking wat 'n vrou beledig? Of is
jy nou maar net minagtend oor alle vroue, en
kies die dinge wat te doen het met die vrou se
unieke mag om kinders voort te bring en te
voed, om haar te beledig.

>> Ek sal darm graag eendag my vingers deur my kleinkinders se hare trek
> sonder
>> dat dit vashaak.

> kom
>> kuier en sien hoe lyk kinders wat verkrag word (hier by die groot gat) en
>> die verkragters sal nooit 'n regverdige vonnis kry nie.

Ek hoef nie na Afrika te gaan om dinge te sien
wat aan kinders gedoen word nie. Hier skiet
kinders nou vir kinders gereeld dood. Hier in
Kanada kom kinders nou voor die hof wat
vir Reena Virk (van Asiatiese oorsprong) gelok
het na 'n beskutte plek, toe vir haar met
sigarette gebrand het, haar toe papgeslaan
het en toe daar laat lê het. Daar was 'n
hele klomp toeskouers. Toe die rivier later,
omdat dit hoogwater was, opgestoot het, het
Reena Virk verdrink. Meeste van Reena Virk
se aanvallers was meisies.

En hier in Noord-Amerika, veral in die VSA,
is "wit" Amerikaners geneig om "nie-wit"
Amerikaners te beskuldig dat hulle die oor-
saak is van al die slegte dinge wat gedoen
word. Maar 'n mens let op dat omtrent elke
seun wat die afgelope tyd in skool-moorde
in Amerika aangekla word, wit is.

Gloudina
Re: Die Mafuta-kletser [boodskap #15132 is 'n antwoord op boodskap #15106] So, 24 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
writes:
>
> Mafuta, ek wonder hoekom jy die woord "gis-koei"
> as 'n belediging gebruik? Kan jy my ook weer
> vertel wat die woord "gis" beteken as dit in
> verband met "koei" gebruik word. Ek onthou daar
> was iets soos "gismelk." Was dit die melk wat
> die koei gehad het as dit 'n kalfie het - en dus
> melk wat mense nie gedrink het nie?

Ek het 'n fout gemaak met die
woord vir die melk wat 'n koei
het as sy 'n kalfie het wat
drink. Dit word "bies" genoem.

Gloudina
Re: Die Mafuta-kletser [boodskap #15133 is 'n antwoord op boodskap #15106] So, 24 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hannes Cilliers[2]  is tans af-lyn  Hannes Cilliers[2]
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
skryf:

> "Mafuta" writes: >
>
>>> Leendert sit een en een bymekaar en jy sal sien dat ons "GIS KOEI" is selfs
>>> maar bietjie blas.
>
> Mafuta, ek wonder hoekom jy die woord "gis-koei"
> as 'n belediging gebruik? Kan jy my ook weer
> vertel wat die woord "gis" beteken as dit in
> verband met "koei" gebruik word. Ek onthou daar
> was iets soos "gismelk." [knip]
>
> Gloudina

Die woord _giskoei_ was klaarblyklik 'n spelfout. Ek neem aan dit moes
lees _guskoei_ en dit sou d�n straks 'n belediging wees. Gus (uit
Nederlands gust) beteken onbevrug; onvrugbaar, steriel.
Groete
Hannes
Re: Die Mafuta-kletser [boodskap #15176 is 'n antwoord op boodskap #15106] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

Hoekom is die dele waar bende geweld hier in Amerika
> plaasvind meesal swart???

Omdat jou geliefde en veelgeprese "Amerika"
dele het wat net so "agterlik" is as die
SA waarop jy so gif spoeg. En surprise,
surprise, wie sit met die geld in die sak
en op die beste plekke. Die immigrante uit
Europa, al het sommige van hulle via
SA gekom.
Re: Die Mafuta-kletser [boodskap #15177 is 'n antwoord op boodskap #15106] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 23 May 1998 13:42:24 GMT, wrote:

> Kan jy my ook weer
> vertel wat die woord "gis" beteken as dit in
> verband met "koei" gebruik word.

Ek ken die term meer in verband met gis-ooi - 'n skaap.
'n Gis-ooi is sover ek weet een wat nie meer lammers gooi nie en niks
meer werd is nie. Die oorsprong van die term ken ek nie.

> Ek onthou daar
> was iets soos "gismelk."

Dink jy nie dalk aan biesmelk nie - dis die eerste dae se melk wat 'n
koei het na sy gekalf het - trouens - enige dier het die spesiale
melk.

> Was dit die melk wat
> die koei gehad het as dit 'n kalfie het - en dus
> melk wat mense nie gedrink het nie?

Voor die tyd van groot melkplase is daar geglo dat dit belangrik was
dat die kalfie sy eie bies moet inkry en daarom het mense dit nie
gedrink nie - dit proe ook effens anders, maar makeer niks nie.

> Ek hoef nie na Afrika te gaan om dinge te sien
> wat aan kinders gedoen word nie.

Ek dink al wat die meeste mense hier vir jou vra is dat jy bloot net
erken dat hierdie dinge ook nou in SA gebeur ....

> Hier skiet
> kinders nou vir kinders gereeld dood. Hier in
> Kanada kom kinders nou voor die hof wat
> vir Reena Virk (van Asiatiese oorsprong) gelok
> het na 'n beskutte plek, toe vir haar met
> sigarette gebrand het, haar toe papgeslaan
> het en toe daar laat lê het. Daar was 'n
> hele klomp toeskouers. Toe die rivier later,
> omdat dit hoogwater was, opgestoot het, het
> Reena Virk verdrink. Meeste van Reena Virk
> se aanvallers was meisies.
>
> En hier in Noord-Amerika, veral in die VSA,
> is "wit" Amerikaners geneig om "nie-wit"
> Amerikaners te beskuldig dat hulle die oor-
> saak is van al die slegte dinge wat gedoen
> word. Maar 'n mens let op dat omtrent elke
> seun wat die afgelope tyd in skool-moorde
> in Amerika aangekla word, wit is.

Jy haal nie aan van die bende moorde onder swart Amerikaanse kinders
in die swakker dele nie .... moenie die prentjie so eensydig probeer
stel nie. Hoekom is die dele waar bende geweld hier in Amerika
plaasvind meesal swart???
Re: Die Mafuta-kletser [boodskap #15178 is 'n antwoord op boodskap #15106] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

>
> Jy haal nie aan van die bende moorde onder swart Amerikaanse kinders
> in die swakker dele nie .... moenie die prentjie so eensydig probeer
> stel nie. Hoekom is die dele waar bende geweld hier in Amerika
> plaasvind meesal swart???

Omdat dit in lae ekonomiese gebiede plaas-
vind. En dis 'n feit dat in jou wonderlike
VSA daar nog areas is wat net so agterlik
is as in die ergste dele van SA. Was jy
al in Manhattan en sy omgewing. Die midde-
stad van New York is nou bietjie beter,
maar 'n paar dekades gelede was dit erger
as wat Johannesburg nou is.

Gloudina
Re: Die Mafuta-kletser [boodskap #15221 is 'n antwoord op boodskap #15106] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 26 May 1998 12:00:04 GMT, wrote:
> Omdat dit in lae ekonomiese gebiede plaas-
> vind. En dis 'n feit dat in jou wonderlike
> VSA daar nog areas is wat net so agterlik
> is as in die ergste dele van SA. Was jy
> al in Manhattan en sy omgewing. Die midde-
> stad van New York is nou bietjie beter,
> maar 'n paar dekades gelede was dit erger
> as wat Johannesburg nou is.
>
> Gloudina

En die swakste dele hier in die VSA bly steeds die swart dele - blote
feite. Kom kyk na die VSA se tronk bevolking se samestelling. Maak
jou oë oop, ou tante !
Vorige onderwerp: Mandela se pêl
Volgende onderwerp: Was Verwoerd 'n Afrikaner?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 07:39:46 MGT 2024