Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » visier
visier [boodskap #135690] Wo, 10 Februarie 2021 14:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19010
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die visier van 'n geweer.
Die visier van 'n geweer.
'n Helmet met 'n visier.
'n Helmet met 'n visier.
visier
Afbreking: vi•sier


Selfstandige naamwoord: visier
Meervoud: visiere, visiers
Verkleinwoord: visiertjie
Meervoud van verkleining: visiertjies

Betekenis:
• Toestel op 'n vuurwapen waarmee die loop op 'n mikpunt gerig word.
• 'n Deursigtige klep aan 'n helm waardeur die draer daarvan kan kyk.

Gebruik:
• Die skut lê aan, verstel sy visier en vuur die eerste skoot af.
• Gebruik 'n veiligheidsbril of 'n helmet met 'n visier om jou oë te beskerm.

Sinoniem:
• korrelkeep
• kykgat

Afgelei:
• visierlyn

Vertaling:
Engels: sight, backsight; visor
Nederlands: vizier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dreun
Volgende onderwerp: luidier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 23:45:50 MGT 2024