Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dreun
dreun [boodskap #135689] Wo, 10 Februarie 2021 13:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19158
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dreun
Afbreking: dreun


Werkwoord: dreun
Verlede tyd: het gedreun

Betekenis:
• 'n Lang en diep trillende geluid maak.

Gebruik:
• Die donderweer dreun dawerend oor die veld.

Sinoniem:
• dawer
• rommel

Vertaling:
Engels: to rumble, boom, roar
Nederlands: dreunen


Selfstandige naamwoord: dreun
Meervoud: dreune
Verkleinwoord: dreuntjie
Meervoud van verkleining: dreuntjies

Betekenis:
• Geluid van iets wat dreun; gedreun; gerommel.

Gebruik:
• 'n Mens kan aan die motor se dreun hoor dat iets nie heeltemal reg is nie.

Afgelei:
• dreungeluid
• dreuning
• dreunsang
• dreunstem

Vertaling:
Engels: rumble
Nederlands: dreun

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: amuseer
Volgende onderwerp: visier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 05:02:17 MGT 2024