Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voorgee
voorgee [boodskap #134211] Do, 22 Oktober 2020 19:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19065
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorgee
Afbreking: voor•gee


Werkwoord: gee voor, voorgee
Verlede tyd: het voorgegee

Betekenis:
• Mislei deur iets op 'n ander manier voor te stel as wat dit werklik is.

Gebruik:
• 'n Kwak is 'n persoon wat voorgee dat hy oor mediese vaardighede en kwalifikasies beskik.

Sinoniem:
• huigel

Vertaling:
Engels: to feign, pretend, give as an excuse
Nederlands: voorgeven


Selfstandige naamwoord: voorgee
Meervoud: voorgeë

Betekenis:
• (sport) Voordeel wat aan 'n swakker deelnemer gegee word om die spel meer kompeterend te maak.

Gebruik:
• 'n A-liga vir gholfspelers met 'n voorgee van minder as 10.

Vertaling:
Engels: handicap
Nederlands: handicap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bemarking
Volgende onderwerp: treurmare
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 23:00:17 MGT 2024