voorskrif [boodskap #134205] |
Do, 22 Oktober 2020 13:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorskrif
Afbreking: voor•skrif
Selfstandige naamwoord: voorskrif
Meervoud: voorskrifte
Verkleinwoord: voorskriffie
Meervoud van verkleining: voorskriffies
Betekenis:
• 'n Geskrewe instruksie wat mens moet volg.
Gebruik:
• 'n Eenmalige voorskrif is vir 1 maand geldig, maar 'n voorskrif vir kroniese medikasie is vir 6 maande geldig.
Sinoniem:
• preskripsie
Afgelei:
• doktersvoorskrif
• voorskrifinhoud
• voorskrifinligting
• voorskrifitems
• voorskrifmedisyne
• voorskrifmodules
• voorskrifnommer
• voorskrifrekord
• voorskriftelik
• voorskrifvorms
Vertaling:
Engels: prescription, instruction
Nederlands: voorschrift
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|