Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sneeubal
sneeubal [boodskap #134192] Wo, 21 Oktober 2020 11:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sneeuballe
Sneeuballe
sneeubal
Afbreking: sneeu•bal
Samestelling: sneeu + bal


Selfstandige naamwoord: sneeubal
Meervoud: sneeuballe
Verkleinwoord: sneeuballetjie
Meervoud van verkleining: sneeuballatjies

Betekenis:
• 'n Bal van saamgepersde sneeu.
• Die plant Hydrangea arborescens.

Gebruik:
• Ma, boetie het my met 'n sneeubal gegooi.
• Ons sneeuballe blom.

Vertaling:
Engels: snowball; smooth hydrangea
Nederlands: sneeuwbal


Werkwoord: sneeubal
Verlede tyd: het gesneeubal

Betekenis:
• Al groter word; in omvang toeneem.

Gebruik:
• Wees versigtig, finansiële skuld kan maklik sneeubal.

Afgelei:
• sneeubaleffek
• sneeubalsisteem

Vertaling:
Engels: to snowball
Nederlands: sneeuwballen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vermaerd
Volgende onderwerp: indiensopleiding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 07 16:05:38 MGT 2024