Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Judas
Judas [boodskap #133911] Sa, 03 Oktober 2020 11:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18982
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Judas
Afbreking: Ju•das


Selfstandige naamwoord: Judas
Meervoud: Judasse
Verkleinwoord: Judassie
Meervoud van verkleining: Judassies

Betekenis:
• Judas Iskariot, een van die 12 dissipels.
• (figuurlik) 'n Verraaier of valse vriend; onbetroubare persoon; huigelaar.

Gebruik:
Judas het Jesus vir 30 silwerstukke verraai.
• Hy is 'n regte Judas!

Afgelei:
• Judasagtig
• judasbok
• judasboom
• judasgesig
• judaskus
• judaslag
• judasloon
• judasoor
• judaspenning
• judasstreek
• judaswerk

Vertaling:
Engels: traitor
Nederlands: judas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: diepsinnig
Volgende onderwerp: ester
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 14:41:13 MGT 2024