Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stewig
stewig [boodskap #133888] Vr, 02 Oktober 2020 16:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18974
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stewig
Afbreking: ste•wig


Byvoeglike naamwoord: stewig
Vergrotende trap: stewiger
Oortreffende trap: stewigste
Attributief: stewige

Betekenis:
• Van aansienlike sterkte; ferm.
• Groot en sterk van omvang; fris gebou.
• Behoorlik; groot; ruim; baie.

Gebruik:
• Die bokser deel 'n paar stewige houe in die derde rondte uit.
• Hy is 'n stewige kêrel.
• Sy het 'n stewige ontbyt gemaak.

Spreekwoord:
Stewig in die saal sit. [Goed gevestig wees in die pos.]

Afgelei:
• stewigheid

Vertaling:
Engels: sturdy, solid, hefty, strong, firm, robust, stable
Nederlands: stevig


Bywoord: stewig

Betekenis:
• Ferm; fris; groot.

Gebruik:
• Die afdak is stewig gebou.

Vertaling:
Engels: sturdy, solid, strong, firm
Nederlands: stevig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: na-aap
Volgende onderwerp: vermag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 08:21:55 MGT 2024