Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dreig
dreig [boodskap #133867] Do, 01 Oktober 2020 14:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18974
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dreig
Afbreking: dreig


Werkwoord: dreig
Verlede tyd: het gedreig
Teenwoordige deelwoord: dreigend

Betekenis:
• 'n Bestraffende handeling in die vooruitsig stel.
• Vrees inboesem; bang maak.
• Waarsku oor iets ergs wat kan gebeur.

Gebruik:
• Die vakbond dreig al weer met stakings.
• Die rower dreig die inwoners met 'n wapen.
• Gure weer dreig daar buite.

Sinoniem:
• bangmaak
• bedreig
• intimideer

Afgelei:
• dreigboodskap
• dreigbrief
• dreigement
• dreigend
• dreiger
• dreiging
• dreigoproep

Vertaling:
Engels: to threaten
Nederlands: dreigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dwing
Volgende onderwerp: strooijonker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:56:04 MGT 2024