Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » druppel
druppel [boodskap #133806] Ma, 28 September 2020 14:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18987
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Druppel water.
'n Druppel water.
druppel
Afbreking: drup•pel


Selfstandige naamwoord: druppel
Meervoud: druppels
Verkleinwoord: druppeltjie
Meervoud van verkleining: druppeltjies

Betekenis:
• 'n Klein hoeveelheid vloeistof wat nie met die res van die vloeistof in kontak is nie.

Gebruik:
• Op die aarde bestaan wolke tipies uit waterdamp, wat klein druppels of yskristalle vorm.

Spreekwoord:
• Dis net 'n druppel water in die see. [Baie min.]
• Dis 'n druppel in die emmer. [Iets onbelangriks, baie min.]
• Dis 'n soet druppel in sy beker. [Iets wat te midde van teëspoed, vreugde bring.]
• Wie die laaste druppel uit die kan wil hê, kry die deksel op sy neus. [Wie die uiterste begeer, kry dikwels niks.]
• Die druppel wat die emmer laat oorloop. ['n Kleinigheidjie wat die gespanne gevoelens laat uitbars.]

Afgelei:
• doudruppel
• reëndruppel
• waterdruppel

Vertaling:
Engels: drop
Nederlands: druppel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mistig
Volgende onderwerp: waterdruppel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 12:26:21 MGT 2024