Radiospeler
 
Supertaal
Waarin ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Taal » Woordeboek » veil
veil [boodskap #133695] Wo, 23 September 2020 13:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 8351
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 0
Senior Lid
veil
Afbreking: veil


Byvoeglike naamwoord: veil

Betekenis:
• (verouderd) Wat te koop aanbied word; vir geld beskikbaar is.

Gebruik:
• Die soldaat het sy lewe veil vir sy land.

Spreekwoord:
• Goed en bloed veil hê vir 'n saak. [Om jou lewe en besittings vir 'n saak te gee.]

Afgelei:
• veiling

Homofoon:
• feil (deftig vir fout)
• vyl (gereedskap)

Vertaling:
Engels: for sale
Nederlands: veil


Werkwoord: veil
Verlede tyd: het geveil

Betekenis:
• Op 'n openbare verkoping verkoop.

Gebruik:
• Die skilderye word môre geveil.

Afgelei:
• opveil

Vertaling:
Engels: sell by auction, put up for sale
Nederlands: veilen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vyl
Volgende onderwerp: mied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Okt 20 05:38:40 UTC 2020