Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mied
mied [boodskap #133696] Wo, 23 September 2020 13:49
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Mied.
'n Mied.
mied
Afbreking: mied


Selfstandige naamwoord: mied
Meervoud: miede, miedens
Verkleinwoord: miedjie
Meervoud van verkleining: miedjies

Betekenis:
• 'n Opgestapelde hoop gras, hooi, tefgras, koring, mielies of soortgelyke materiaal.

Gebruik:
• Langs die dorsvloer is 'n groot mied gepak.
• Na die oes staan die miede in netjiese rye op die land.

Sinoniem:
• strooihoop

Afgelei:
• hooimied
• koringmied
• miedpakker

Homofoon:
• miet (klein larwe of wurmpie in byvoorbeeld meel)

Vertaling:
Engels: heap, pile, haystack
Nederlands: hooiberg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: veil
Volgende onderwerp: miet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 17:12:09 MGT 2024