Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » treffer
treffer [boodskap #133322] Vr, 04 September 2020 20:19
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18865
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
treffer
Afbreking: tref•fer


Selfstandige naamwoord: treffer
Meervoud: treffers
Verkleinwoord: treffertjie
Meervoud van verkleining: treffertjies

Betekenis:
• Iets wat byval vind en dadelik gewild is, veral in die musiekbedryf.
• Iets wat die doel tref; 'n raakskoot of gelukkige toeval.
• (rekenaarwetenskap) Die resultaat van 'n soekopdrag.

Gebruik:
• Die sanggroep Broers se treffer, Huistoe (sic), is in 2008 as die liedjie van die jaar aangewys.
• Kolskoot, dis weereens 'n treffer!
• Google daarvoor, die eerste treffer sal jou na die regte bladsy lei.

Hiponiem:
• toptreffer
• voltreffer
• wegholtreffer

Afgelei:
• trefferalbums
• trefferboek
• trefferdeuntjie
• trefferfilm
• trefferlys
• trefferroman
• treffersparade

Vertaling:
Engels: hit
Nederlands: treffer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rigtingroer
Volgende onderwerp: knok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:47:06 MGT 2024