Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gordel
gordel [boodskap #133253] So, 30 Augustus 2020 08:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gordel
Afbreking: gor•del


Selfstandige naamwoord: gordel
Meervoud: gordels
Verkleinwoord: gordeltjie
Meervoud van verkleining: gordeltjies

Betekenis:
• (kleding) Band wat om die middellyf gedra word, tipies om 'n broek bo te hou.
• (motorterme) Veiligheidsgordel in 'n kar.
• (aardrykskunde) (astronomie) Smal, lank uitgerekte strook (of sone) op aarde of in die ruimte.

Gebruik:
• Mans dra dikwels 'n gordel saam met hul langbroeke.
• Sit jou gordel aan voor jy ry.
• Die diereriem is 'n sowat 20 grade breë, denkbeeldige gordel aan die hemelruim waarlangs die son, maan en planete skynbaar beweeg.

Spreekwoord:
• Die gordel stywer intrek. [Met minder as voorheen klaarkom.]

Sinoniem:
• belt

Afgelei:
• aardgordel
• asteroïdegordel
• gordelvormig
• Kuiper-gordel
• veiligheidsgordel

Vertaling:
Engels: belt; buckle; zone
Nederlands: gordel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: genoom
Volgende onderwerp: filter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 03:26:13 MGT 2024