Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » filter
filter [boodskap #133254] So, 30 Augustus 2020 08:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Oliefilter.
'n Oliefilter.
filter
Afbreking: fil•ter


Selfstandige naamwoord: filter
Meervoud: filters
Verkleinwoord: filtertjie
Meervoud van verkleining: filtertjies

Betekenis:
• 'n Toestel wat ongewenste deeltjies uit 'n stof verwyder.

Gebruik:
• Deur die wyn met 'n filter af te giet word die bitter afsaksels wat in die wyn gevorm het verwyder.

Hiponiem:
• internetfilter
• lugfilter
• koffiefilter
• oliefilter
• sigaretfilter
• waterfilter

Verwant:
• filtervoeder
• filtreer
• sif

Vertaling:
Engels: filter
Nederlands: filter


Werkwoord: filter
Verlede tyd: het gefilter

Betekenis:
• Iets filtreer.

Gebruik:
• Hy filter die water voordat hy dit drink.

Vertaling:
Engels: to filter
Nederlands: filteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gordel
Volgende onderwerp: leergierig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:44:20 MGT 2024