Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Kan wag
Re: Kan wag [boodskap #13692] Wo, 01 April 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
reu...@iinet.net.au (Reuben Aldum) writes:
>
> Ons praat as gesin elke dag Afrikaans, op straat voor ander Aussies
> ens. Ons doen dit spontaan , jou redenasies en aanvalle sit nie 'n
> Afrikaanse taalproses aan die gang nie......en beslis betrek jy ook
> nie ALMAL buite SA nie. Jy het wel 'n oorlog teen jouself op die
> nuusgroep aan die gang gesit. Wat nogal jammer is. Ek het van jou
> aanvanklike gesels gehou, maar siestog jong, nou beledig almal jou
> net....ek voel al skaam as ander so neerhalend na jou verwys as 'n ou
> tannie. Dit is nie mooi nie.
> Gloudina, ek dink tog jy wil die wereld 'n beter plek maak...ek gee
> jou nou die voordeel van die twyfel.

Beste Reuben,

Jy laat my glimlag. Jy betig my oor my
kuber-manewales, en tog is dit juis dit wat
jou beweeg het om op die nuusgroep te skryf.
(Ek wou amper sê: nog 'n landmyn wat ont-
plof !) Natuurlik dink ek nie dat ek mense
kan aanmoedig om Afrikaans op straat in
Australië te praat nie. Ek is alleen besorg oor
die dinamiek van hierdie nuusgroep.

Ek kan jou egter verseker: Die Ruiter in
die Nag skiet om raak te skiet daardie mense
wat uit Suid-Afrika padgee en dan sit en koning
kraai in 'n ander land. Hulle sit en praat van hoe
"wonderlik" dit is in 'n mitiese "Kanada" of
"Amerika" of Perth in Australië, en ons hoor
nooit die volle storie nie. Hulle wil blykbaar
net laat weet hoe wys hulle is en hoe dom die
mense is wat nog in SA is, en hoe sleg die nie-
blankes in SA is en so aan en so aan. Teen hulle
het die Ruiter in die Nag die Derde Boere-Oorlog
verklaar.

Ek het nog nie teveel van jou skryf op die
nuusgroep gesien nie. Sal jy asseblief vir ons vertel
hoe dit daar by jou lyk en dies meer. Dit is altyd
lekker om van mense in ander dele van die wêreld
te hoor. Maar sodra jy die nuwe SA aanval en vir
ons wil vertel dat alle Afrikaners in SA dom is om
nog daar te bly, dan begin die Ruiter skiet, en hy
skiet om raak te skiet.

Gloudina

>
Re: Kan wag [boodskap #13693 is 'n antwoord op boodskap #13692] Wo, 01 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reuben Adolf Aldum  is tans af-lyn  Reuben Adolf Aldum
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina,

Nou het Nico jpu geantwoord.......en ek kan herhaal wat hy se, soos:

> ... miskien is jou Kanada vir jou mities, maar my Amerika is vir my baie eg
> en baie wonderlik - al is die lewe sons hier ook maar 'n gestoei -
> byvoorbeeld om kar te koop - geen kredietgeskiedenis nie - geen krediet ni
> - 'n bose kringloop - ten spyte van struggles soos hierdie, geniet ek elke
> oomblik hiervan !

Ja, dit is maar 'n struggle, soos bo genoem. Baie S.Afrikaners kom
'soos brullende leeus hier aan' (iemand het dit nou onlangs goed
gestel), dan versag hulle as die werksoekery ens begin. Sommige dink
hulle kan dinge beter as die locals doen. Die groot skok wag dan as 'n
mens met baie ander bekwame lokale persone moet meeding om beroepe
ens.

> ... nee, ek het jou al gesê my eie ma is nog daar en baie goeie vriende en
> mense vir wie ek baie resepk het. Dis jy wat met jou skewe siening van die
> lewe die redenasies so verdraai!

Ons familielede is daar dus moet en kan S.A nie ondergaan. En uit 'n
bloot menslike oogpunt gun ek almal 'n plek in die son.

Iets van Perth. Dit is 'n jong mooi stad. Mense se dit is Kaapstad
sonder die berg. Die Swanrivier vloei deur die stad. Dit gee die stad
'n mooi sprankelende voorkoms. Ons het groot uitbreidings kusaf. Die
koelseewind en uitsig oor die see veroorsaak die verspreiding. Ons
klimaat is Kaaps met reenweer, fynbos en wyn.

Verder het ons 'n Afrikaanse kerk gegin, Paul van der Merwe het hier
groot inisiatief aan die dag gele (Aussie in die Paradys). Ons het 'n
dr. Andre van Oudtshoorn wat vir ons elke maand 'n diens hou. So
ontmoet ons mekaar en hou die taal lewendig. Goed om lofsange te sing
en 'n preek in 'n mens se moedertaal te hoor.

Gloudina dit is Willemien wat hier praat, ek het ook die laaste 3
plasings gedoen. Jou Kiepersol plasing was interessant. Ek het noudie
dag een in Perth se dieretuin gesien, geplant by die Afrika-tema...ek
het altyd gedink die boom is inheems aan Afrika.

Groete.
Willemien.
Re: Kan wag [boodskap #13734 is 'n antwoord op boodskap #13692] Do, 02 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes: > |

> ... miskien is jou Kanada vir jou mities, maar my Amerika is vir my baie eg
> en baie wonderlik - al is die lewe sons hier ook maar 'n gestoei -
> byvoorbeeld om kar te koop - geen kredietgeskiedenis nie - geen krediet ni
> - 'n bose kringloop - ten spyte van struggles soos hierdie, geniet ek elke
> oomblik hiervan !

Jy het nog baie min van "jou"
Amerika gesien. Jy is net 'n
baie arrogante pasaangekome
immigrant wat nou sit en
koning kraai en homself
gelukwens. Doen dit in
stilte. Almal sien deur
jou, meeste van almal die
mense in SA.
Re: Kan wag [boodskap #13735 is 'n antwoord op boodskap #13692] Do, 02 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Beste Reuben,
| Jy laat my glimlag.

Weer daardie skewe beroerte glimlaggie ...?

Jy betig my oor my
| kuber-manewales, en tog is dit juis dit wat
| jou beweeg het om op die nuusgroep te skryf.
| (Ek wou amper sê: nog 'n landmyn wat ont-
| plof !) Natuurlik dink ek nie dat ek mense
| kan aanmoedig om Afrikaans op straat in
| Australië te praat nie. Ek is alleen besorg oor
| die dinamiek van hierdie nuusgroep.
| Ek kan jou egter verseker: Die Ruiter in
| die Nag

...klink meer soos ruiter in die windjie .....

skiet om raak te skiet daardie mense
| wat uit Suid-Afrika padgee en dan sit en koning
| kraai in 'n ander land.

Ons kan nie koning kraai nie, ou tante, ons moet maar beskeie bly - dis nog
nie ons land nie.

Hulle sit en praat van hoe
| "wonderlik" dit is in 'n mitiese "Kanada" of
| "Amerika"

... miskien is jou Kanada vir jou mities, maar my Amerika is vir my baie eg
en baie wonderlik - al is die lewe sons hier ook maar 'n gestoei -
byvoorbeeld om kar te koop - geen kredietgeskiedenis nie - geen krediet ni
- 'n bose kringloop - ten spyte van struggles soos hierdie, geniet ek elke
oomblik hiervan !

of Perth in Australië, en ons hoor
| nooit die volle storie nie.

Vra as jy nogiets wil weet - ek sal antwoord.

Hulle wil blykbaar
| net laat weet hoe wys hulle is en hoe dom die
| mense is wat nog in SA is

... nee, ek het jou al gesê my eie ma is nog daar en baie goeie vriende en
mense vir wie ek baie resepk het. Dis jy wat met jou skewe siening van die
lewe die redenasies so verdraai!

, en hoe sleg die nie-
| blankes in SA is en so aan en so aan. Teen hulle
| het die Ruiter in die Nag die Derde Boere-Oorlog
Re: Kan wag [boodskap #13736 is 'n antwoord op boodskap #13692] Do, 02 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
reu...@iinet.net.au (Reuben Aldum) writes:
>
> Ja, dit is maar 'n struggle, soos bo genoem. Baie S.Afrikaners kom
> 'soos brullende leeus hier aan' (iemand het dit nou onlangs goed
> gestel), dan versag hulle as die werksoekery ens begin. Sommige dink
> hulle kan dinge beter as die locals doen. Die groot skok wag dan as 'n
> mens met baie ander bekwame lokale persone moet meeding om beroepe
> ens.

Ja, dieselfde gebeur hier in Kanada,
Een ou skryf gereeld dat "Kanadese"
nou sus of so is, wanneer dit hom
pas om te kritiseer, en dan spog
hy weer wanneer dit hom pas.
Ek het dit net teen die in die
buiteland wat sit en koning kraai.

> Iets van Perth. Dit is 'n jong mooi stad. Mense se dit is Kaapstad
> sonder die berg. Die Swanrivier vloei deur die stad. Dit gee die stad
> 'n mooi sprankelende voorkoms. Ons het groot uitbreidings kusaf. Die
> koelseewind en uitsig oor die see veroorsaak die verspreiding. Ons
> klimaat is Kaaps met reenweer, fynbos en wyn.
>
> Verder het ons 'n Afrikaanse kerk gegin, Paul van der Merwe het hier
> groot inisiatief aan die dag gele (Aussie in die Paradys). Ons het 'n
> dr. Andre van Oudtshoorn wat vir ons elke maand 'n diens hou. So
> ontmoet ons mekaar en hou die taal lewendig. Goed om lofsange te sing
> en 'n preek in 'n mens se moedertaal te hoor.
>
> Gloudina dit is Willemien wat hier praat, ek het ook die laaste 3
> plasings gedoen. Jou Kiepersol plasing was interessant. Ek het noudie
> dag een in Perth se dieretuin gesien, geplant by die Afrika-tema...ek
> het altyd gedink die boom is inheems aan Afrika.
>
> Groete.
> Willemien.

Dankie vir die beskryf van dinge
oor Perth. Ek sit altyd en kyk
op ons weerkanaal watter temperatuur
Perth vandag weer het. Dit lyk vir
my dit gaan nooit te laag nie.

Gloudina
>
Re: Kan wag [boodskap #13764 is 'n antwoord op boodskap #13692] Vr, 03 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes:

>
> Ek dink nie enige van hulle sal te opgepluk wees dat jy namens hulle
> probeer praat nie. Hou asb ook op om te probeer maak asof ek dink die
> mense in SA is sleg - waar kom jy aan sulke snert?


Jy het allerhande baie baie negatiewe
dinge gesê, rassisties gebaseer, oor
die 80 persent van die SA bevolking
wat nou nie die regte kleur vir jou
het nie. Jy het ook duidelik koning
gekraai en jouself geluk gewens dat
jy so slim was om uit SA te ontsnap.
Nou probeer jy skielik 'n ander
deuntjie sing. En ek neem dit op my
om mense soos jy in die buiteland
'n bietjie in die bek te ruk. Veral
nuutaangekome mense uit SA op hierdie
vasteland, wat ek gewoonlik beter ken
as 'n nuutjie wat net 'n jaar of twee
hier was. Jy het mos gelees wat
Willemien Aldum skryf. Sy sê die
mense uit SA kom net met soveel
basuingeskal in Australie aan, en dan
moet hulle later dinge 'n bietjie
hersien, as hulle die negatiewe dinge
begin uitvind van die land waarheen
hulle getrek het.


>
Re: Kan wag [boodskap #13765 is 'n antwoord op boodskap #13692] Vr, 03 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Reuben Adolf Aldum  is tans af-lyn  Reuben Adolf Aldum
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
wrote:

> Jy het mos gelees wat
> Willemien Aldum skryf. Sy sê die
> mense uit SA kom net met soveel
> basuingeskal in Australie aan, en dan
> moet hulle later dinge 'n bietjie
> hersien, as hulle die negatiewe dinge
> begin uitvind van die land waarheen
> hulle getrek het.

Wat ek bedoel het is dat SOMMIGE S.Afikaners hier aankom wat
so optree. Daar is egter baie wat stilweg besighede begin, hard werk
en 'n groot sukses maak. Wat my die meeste beindruk is dat sommige van
hulle nog nooit eie besighede gehad in S.Afika nie, maar tenspyte
daarvan, baie waagmoed en geestelike sterkte toon.

Willemien
Re: Kan wag [boodskap #13766 is 'n antwoord op boodskap #13692] Vr, 03 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
|
| Jy het nog baie min van "jou"
| Amerika gesien.

My vyf en sewejarige kinders tel en stry ook oor hoeveel Smarties elk gekry
het. Alles is maar relatief, ou tante.

Jy is net 'n
| baie arrogante pasaangekome
| immigrant wat nou sit en
| koning kraai en homself
| gelukwens.

..en is dit nie lekker nie!!!! Ek verlustig my daarin. Jou siening is
maar skeef en ek twyfel of die Amerikaners wat ek mee kontak het, my as
arrogant sal beskou. Ons probeer maar beskeie wees, Gloudina - het jy nie
ook toe jy die eerste keer in Kanada aangekom het nie?

Doen dit in
| stilte.

Nee, ek is nie skaam vir my siening nie en 'n nuusgroep soos hierdie se
doel is nie dat almal net 'n plasing maak wat sê "Ek kraai in stilte koning
en wens myself in stilte geluk" nie.

Almal sien deur
| jou, meeste van almal die
| mense in SA.
|

Ek dink nie enige van hulle sal te opgepluk wees dat jy namens hulle
probeer praat nie. Hou asb ook op om te probeer maak asof ek dink die
mense in SA is sleg - waar kom jy aan sulke snert?
Vorige onderwerp: Kannie wag 2
Volgende onderwerp: Tatta Louis Luyt !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 00:10:09 MGT 2024