Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skietlood
skietlood [boodskap #133202] Do, 27 Augustus 2020 13:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skietlood word gebruik.
'n Skietlood word gebruik.
skietlood
Afbreking: skiet•lood
Samestelling: skiet + lood
Uitspraak: /ˈskitluə̯t/


Selfstandige naamwoord: skietlood
Meervoud: skietlode
Verkleinwoord: skietloodjie
Meervoud van verkleining: skietloodjies

Betekenis:
• Kegelvormige loodgewig aan 'n tou wat die vertikale rigting aandui.
• Tou met 'n gewig om die diepte van water te bepaal.

Gebruik:
• Bouers gebruik 'n skietlood om te verseker dat mure presies loodreg ten opsigte van die grond is.
• Die matroos gooi sy skietlood oorboord.

Sinoniem:
• dieplood
• paslood
• werplood

Vertaling:
Engels: plummet bob, plumb; sounding-lead
Nederlands: schietlood

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tandvleis
Volgende onderwerp: vertoog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 06:28:55 MGT 2024