Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kwagga
kwagga [boodskap #133161] Wo, 26 Augustus 2020 09:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kwagga.
'n Kwagga.
kwagga
Afbreking: kwag•ga


Selfstandige naamwoord: kwagga
Meervoud: kwaggas
Verkleinwoord: kwaggatjie
Meervoud van verkleining: kwaggatjies

Betekenis:
• In die spreektaal, 'n sebra.
• Uitgestorwe subspesie van die bontsebra in die genus Equus.

Gebruik:
• Die kwagga het baie na 'n sebra gelyk, daarom word 'n sebra soms in die geselstaal 'n kwagga genoem.
• Die enigste lewende kwagga wat ooit gefotografeer is, was 'n merrie by die Dierkundige Genootskap van die Londense Dieretuin in 1870.

Sinoniem:
• sebra

Afgelei:
• kwaggagras
• kwaggakos
• kwaggastreep

Vertaling:
Engels: zebra, quagga
Nederlands: zebra, quagga

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ski
Volgende onderwerp: kornuit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 10:38:51 MGT 2024