Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ski
ski [boodskap #133160] Wo, 26 Augustus 2020 09:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Persoon wat op ski's ski.
'n Persoon wat op ski's ski.
ski
Afbreking: ski


Selfstandige naamwoord: ski
Meervoud: ski's
Verkleinwoord: ski'tjie
Meervoud van verkleining: ski'tjies

Betekenis:
• 'n Wintersport en metode van vervoer waar mens met behulp van ski's oor sneeu of ys gly.
• 'n Lang, smal voorwerp wat mens aan die voete dra om oor sneeu te beweeg.

Gebruik:
Ski is 'n Olimpiese sportsoort.
Ski's is oorspronklik van hout gemaak, maar word deesdae van veselglas en ander saamgestelde materiale vervaardig.

Hiponiem:
• alpeski
• heg-en-steg-ski
• vryski
• waterski

Verwant:
• skiër

Vertaling:
Engels: ski
Nederlands: ski


Werkwoord: ski
Verlede tyd: het geski

Betekenis:
• Met 'n ski oor die sneeu beweeg.

Gebruik:
• Ons gaan die vakansie in Switserland ski.

Vertaling:
Engels: to ski
Nederlands: skiën

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: frikkadel
Volgende onderwerp: kwagga
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 05:58:25 MGT 2024