Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lis
lis [boodskap #132931] Wo, 19 Augustus 2020 09:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lis
Afbreking: lis
Uitspraak: /ləs/


Selfstandige naamwoord: lis
Meervoud: lisse
Verkleinwoord: lissie
Meervoud van verkleining: lissies

Betekenis:
• 'n Strik of lus gemaak van tou of draad.

Gebruik:
• Maak 'n lis in die vislyn om 'n sinker aan vas te maak.

Sinoniem:
• lus

Vertaling:
Engels: noose; loop
Nederlands: lis


Selfstandige naamwoord: lis
Meervoud: liste

Betekenis:
• Slim en slinkse plan; sluwe set waarmee iemand bedrieg word.

Gebruik:
• In sy lis het satan hom tot Eva gewend.

Afgelei:
• listig
• listigheid

Vertaling:
Engels: ruse, trick, cunning plan
Nederlands: list

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dierasie
Volgende onderwerp: banggat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 07:26:59 MGT 2024