Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rusie
rusie [boodskap #132884] So, 16 Augustus 2020 18:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rusie
Afbreking: ru•sie
Uitspraak: /ˈry.si/


Selfstandige naamwoord: rusie
Meervoud: rusies
Verkleinwoord: rusietjie
Meervoud van verkleining: rusietjies

Betekenis:
• 'n Toestand van ernstige konflik tussen persone.

Gebruik:
• Goeie vriende behoort nie rusie te maak nie.
• Na 'n vurige rusie het hulle die rug op mekaar gekeer.

Spreekwoord:
• Tone trap is rusie soek. [As jy iemand beledig, kan jy moeilikheid daarop verwag.]
• As kok en koksmaat rusie kry, dan hoor jy waar die spek bly. [Wanneer twee samesweerders stry, openbaar hulle mekaar se geheime.]

Sinoniem:
• argument
• stryery
• twis

Afgelei:
• rusiemaker
• rusiemakerig
• rusiesoeker
• rusiesoekerig

Vertaling:
Engels: quarrel, dispute
Nederlands: ruzie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aflaai
Volgende onderwerp: stofpad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:25:11 MGT 2024