Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kroes
kroes [boodskap #132680] Wo, 12 Augustus 2020 08:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kroes
Afbreking: kroes


Byvoeglike naamwoord: kroes
Vergrotende trap: kroeser
Oortreffende trap: kroesste
Attributief: kroes

Betekenis:
• Wat dig inmekaar gekrul is.

Gebruik:
• Haar hare is kroes.

Spreekwoord:
Kroes voel. [Siekerig wees.]

Afgelei:
• kroeserig
• kroeshare
• kroeskop

Vertaling:
Engels: frizzled, woolly
Nederlands: kroes


Werkwoord: kroes
Verlede tyd: het gekroes

Betekenis:
• Om dig inmekaar te krul.

Gebruik:
• Sy hare kroes.

Vertaling:
Engels: to crimp; form into tight curls
Nederlands: kroezen


Selfstandige naamwoord: kroes
Meervoud: kroese
Verkleinwoord: kroesie
Meervoud van verkleining: kroesies

Betekenis:
• Vuurvaste pot, soos waarin metaal gesmelt word.

Gebruik:
• Geelkoper word vervaardig deur kalamyn en koper saam in 'n kroes te smelt.

Afgelei:
• smeltkroes

Vertaling:
Engels: crucible, melting pot
Nederlands: kroes

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: proes
Volgende onderwerp: skarrel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 02:57:13 MGT 2024